News

Chaos oor smart meters

VEREENIGING. – Nadat chaos gisteraand op die Ou Johannesburgpad tussen Waldrift en die Langrand-afrit uitgebreek het, is die groep betogers nou rustiger. Inwoners van Waldrift is gekant teen die smart meter-projek van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Alle voorafbetaalde kragmeters (prepaid meters) moet met die nuwe smart meters vervang word. Dit sal steeds op dieselfde prinsiep …

VEREENIGING. – Nadat chaos gisteraand op die Ou Johannesburgpad tussen Waldrift en die Langrand-afrit uitgebreek het, is die groep betogers nou rustiger.

Inwoners van Waldrift is gekant teen die smart meter-projek van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Alle voorafbetaalde kragmeters (prepaid meters) moet met die nuwe smart meters vervang word. Dit sal steeds op dieselfde prinsiep werk, maar jy sal nie meer met die meter kan peuter om krag te spaar of verniet krag gebruik nie.

Inwoners van Waldrift het gisteraand hul ongelukkigheid duidelik gemaak toe hulle ‘n gedeelte van die Ou Johannesburgpad versper en bande begin brand het.

Die pad is steeds versper en motoriste word gevra om alternatiewe roetes te gebruik. Foto: Lazarus Dithagiso
Die pad is steeds versper en motoriste word gevra om alternatiewe roetes te gebruik. Foto: Lazarus Dithagiso

Daar is egter ooreengekom dat burgemeester Simon Mofokeng van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vandag om 17:00 die groep sal toespreek met die voorwaarde dat hulle sal huis toe gaan.

Volgens DA-raadslid Isabel Lotz is daar steeds betogers, maar die polisie is op die toneel.

Motoriste moet liefs alternatiewe roetes gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button