BlogsOpinions

Dink voor jy doen – geen aksies is sonder gevolge nie

Die afgelope week het Wysneus weer talle dinge gesien wat hom laat wonder het of van ons inwoners net nie dink voor hulle iets doen nie.

Die afgelope week het Wysneus weer talle dinge gesien wat hom laat wonder het of van ons inwoners net nie dink voor hulle iets doen nie. Wysneus het al baie gesien dat van die beton deksels op stormwaterslote aan die kant van ons paaie stukkend is. Baie inwoners het ook al hieroor gekla. Hoewel die munisipaliteit veronderstel is om dit so gou as moontlik reg te maak, gebeur die nie altyd nie. Van die deksels is in so ‘n slegte toestand dat Wysneus nie kan glo dat daar nie meer mense is wat hulself daarop beseer nie. Iets wat Wysneus egter al gesien het, is dat dit lyk of baie van die deksels gebreek het nadat iets swaar daaroor gery het. Hy het byvoorbeeld die afgelope week ‘n mangat-deksel in Kraalkopstraat in Fochville gesien wat verseker iets swaarder oor dit gehad het as iemand wat ‘n effense dieet kort. Dieselfde geld vir van ons sypaadjies. Hoeveel keer sien ‘n mens nie inwoners wat sommer met hul swaar viertrekvoertuie by ‘n randsteen op of afry nie. Wysneus het ook al baie keer in ons dorpe se sentrale sakegebiede gesien hoe die bestuurders van afleweringsvoertuie, wat in sommige gevalle swaar vragmotors is, sommer net oor randstene ry om op sypaadjies te parkeer. Wel ‘n mens kan seker verstaan dat sommige mense so na- by moontlik aan erwe wil wees en afleweringsvoertuie so na as
moontlik aan hul bestemmings wil wees. Hoekom kan almal nie net by die opritte wat gebou is om teen op te ry, indraai en sodoende ons infrastruktuur oppas nie. Ons weet mos nou teen dié tyd almal dat ons munisipaliteit nie geld het nie. Hoekom is dit dan nodig om die infrastruktuur wat ons wel het en waarvoor daar tien teen een nie geld gaan wees om dit reg te maak nie, ook te beskadig? Intussen het ‘n besorgde inwoner van Fochville die afgelope week vir Wysneus ‘n foto aangestuur van hoe munisipale werkers vullisdromme op die hoek van Annemoon en Kannalaan in die
middel van die pad agtergelaat het. Behalwe dat sulke vullisdromme, waarvoor inwoners die munisipaliteit mos moet betaal, maklik gesteel kan word indien dit nie by die regte erwe teruggeplaas word nie, kan dit ook dalk ongelukke veroorsaak. Die munisipale werkers steur hul, lyk vir Wysneus, nie veel aan dié komplikasies nie, want dit is mos nie die eerste keer dat inwoners oor sulke probleme kla nie. Die af- gelope week het Wysneus nóg iets gesien wat hom dwars in die krop steek. Hy het vir die eerste keer in ‘n lang tyd op die pad tussen Welverdiend en Oberholzer gery. Wysneus weet dat talle kennisse, wat daagliks tussen Welverdiend en Carletonville ry, oor die toestand van dié pad kla. Met die nuwe mall wat verlede jaar langs dié pad opgerig is, raak dit ook al besiger. Wysneus was verlede week besig om op dié pad in die rigting van Carletonville te ry toe hy skielik ‘n kennis aan die kant van die pad sien. Aangesien daar niemand naby agter hom was nie, het Wysneus sy flikkerlig aangesit om van die pad af te draai om die kennis ‘n saamrygeleentheid te gee. Hy het gou agtergekom dat dit byna onmoontlik is, om- dat die skouers aan die kant van die pad só uitgery is dat mens jou voertuig sal beskadig indien jy daar afry. Wysneus wonder hoeveel ongelukke al op dié pad gebeur het wanneer be- stuurders vir iets of iemand moes uitswaai, en dit as gevolg van die skouer nie kon doen nie. A nee a! Kan diegene wat paaie regmaak nie maar iets aan die probleem doen nie?

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button