Vier dood in ongeluk – Toneel Video deur Jannie du Plessis
VANDERBIJLPARK. – Vier mans is dood in ‘n ongeluk Woensdag 13 Julie ongeveer 13:30. ‘n Polisie voertuig met twee offisiere en ‘n Suzuki met vyf insittendes het op die R57 langs die Bophelong woonbuurte gebots nadat die Suzuki na bewering op ‘n wit streep ‘n voertuig verbygesteek het. Vier insittendes is op die toneel dood. …
VANDERBIJLPARK. – Vier mans is dood in ‘n ongeluk Woensdag 13 Julie ongeveer 13:30. ‘n Polisie voertuig met twee offisiere en ‘n Suzuki met vyf insittendes het op die R57 langs die Bophelong woonbuurte gebots nadat die Suzuki na bewering op ‘n wit streep ‘n voertuig verbygesteek het.
Vier insittendes is op die toneel dood. Een kritieke pasiënt is deur ER24 na die hospitaal geneem vir behandeling en die twee offisiere is ook deur ER24 na die hopsitaal geneem vir behandeling.
Die pad was vir ‘n tyd lank gesluit vir verkeer terwyl forensiese deskundiges die toneel opgemeet en fotos geneem het. VIDEO: JANNIE DU PLESSIS



