Die DA maak SAMWU se gemors skoon
MEYERTON. – SAMWU (South African Municipal Workers Union) se onwettige staking vroeër vandag is in die wiele gery nadat die staking deur die bedingingsraad as onwettig verklaar is. Betogers het aangevoer dat hulle nie sal stop voor hulle nie deur afgevaardigdes van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit toegespreek word nie, maar hulle planne is vinnig in …

MEYERTON. – SAMWU (South African Municipal Workers Union) se onwettige staking vroeër vandag is in die wiele gery nadat die staking deur die bedingingsraad as onwettig verklaar is.
Betogers het aangevoer dat hulle nie sal stop voor hulle nie deur afgevaardigdes van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit toegespreek word nie, maar hulle planne is vinnig in die wiele gery.
Laasweek het die DA self vullis verwyder toe daar ook ‘n optog-aksie was en hulle is tans besig om die strate in Midvaal op te ruim. Die strate is met vullis bestrooi, vullisdromme is uitgegooi en stopstrate, straatnaamborde en ander munisipale eiendom is beskadig.
Hierdie aksie word egter bestempel as polities-georiënteerd omdat Midvaal Munisipaliteit die enigeste DA-beheerde munisipaliteit in Gauteng is.

Vaalweekblad sal volgende week volledig hieroor berig.





