Jesus sê: Luk.12:49 – “Ek het gekom om vuur op die aarde te werp en hoe wens Ek dat dit al aangesteek was!” Lees weer! En hoé wéns Ek dat dit al aangetseek was.
Eseg. 20:45 – 49 – “Verder het die woord van die Here tot my gekom my gekom en gesê:Vers 46: “Mensekind, rig jou aangesig na die suide en laat jou rede druppel teen die suide en profeteer teen die bosveld, die suidland.” (Reguit Suid van Isreal lê Suid-Afrika).
Vers 47: “En sê aan die bos van die Suidland. (‘n Boom is ‘n volk. Baie bome is baie volke m.a.w. ‘n Bos). Hoor die woord van die Here: So spreek die Here Here: Kyk, Ek steek ‘n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom (wat vrug dra) en elke droë boom (geen vrug) sal verteer; die uitslaande vlam (woord van God) sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland (Suid-Afrika) af tot die Noorde toe; Vers 48: “En alle vlees sal sien dat EK die HERE dit aangesteek het.; dit sal nie uitgeblus word nie. Vers 49: Toe sê ek (Esegiël) Ag, Here Here, hulle sê vir my: Spreek hy nie altyd in gelykenisse nie.
God het ‘n vuur aangesteek in die Vaaldriehoek. Die vuur sal nie uitgeblus word nie. Ek raai julle aan om julle daarvan te bekeer om twee Here te dien. Om nie te kies nie is net so gevaarlik as om ‘n verkeerde keuse te maak. Dit is die plig van die herders om die gemeentes te oortuig dat Paulus ‘n leuenaar is. Dit is ook die herders se plig om God se kinders teen die Dier te waarsku. Jesus het gesê: “In daardie dag sal daar baie wees wat sal sê: “Here, maar het ons nie in U Naam duiwels uitgedryf nie. Dan sal HY sê: “Gaan weg, Ek ken julle nie.”
Jesus praat nie hier van die sondaars nie. Hy praat van mense wat dink dat hul ewige lewe verseker is. Die engele is hier om te oordeel en die oes bymakaar te maak. Jesus kom net die oes haal. Die engele gaan die aarde soos ‘n haelstorm tref. Die seun van Dawid trap die parskuip van die grimmigheid en die toorn van God. Hy is ook in die Vaaldriehoek. Glo dit as julle wil.
Susan
GODSDIENSDEBAT:
Hier is ‘n klompie menings wat die afgelope week tussen Susan en lesers van die rubriek gewissel is:
* Dagsê. Ons ken nie vir Yahshua nie. Ons ken Jeus. Matt 1 vers 21. En sy sal ‘n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Ons het Jesus lief en eer Hom. Grootste Koning wat ooit op die aarde geloop het. Susan.
*Wie is ons Heilige Here God? As ons nie bereid is om vir ons Heilige Here God op te staan en vir Hom lofliedere te sing, Hom alleen aanbid, Sy Heilige Naam alleen groot te maak voor al die nasies, in diens van ons Heilige Here te wees, op Sy Heilige Sabbatdag nie, as ons nie in die wil van ons Heilige God wil leef nie en die lig wil wees, om vir Hom te skyn nie. As ons nie bereid is om ons kruis op te neem en te dra ter wille van ons Heilige Jesus Christus, wat vir ons as sondaars sy Heilige Koningsbloed gestort het, en as ons nie bereid is om vir ons ewige kroon te werk en te leer in diens van ons Heilige Here God nie – wat is die mens dan?
* Dit maak nie saak hoe lank Noag aan die Ark gebou het nie, ook nie hoe oud Noag geword het nie. Wat saak maak is dat Jesus gesê het net soos dit was in die dae van Noag, so sal dit weer wees. Niemand steur hulle aan die waarskuwings nie. Susan.
* Willem. Ek het gesê die 144 000 is net mans. Hulle kom die oes bymekaarmaak. Jesus kom dit net haal. Susan.
* Hebreers 11v1 – Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Ek is ‘n christelike sanger vir al u christelike optredes of om by kinderhuise, ouetehuise en instansies die Woord van die Here te bring deur my sang.079 061 6037. My e-posadres is corneliusduplessis1@gmail.com Ek wil hoor as daar kerke of instansies is wat my finansieel kan ondersteun deur die Woord van die Here te verkondig en uit te reik na minderbevoorregte mense deur my sang sal dit op reg waardeer. Ek is op soek na ‘n gebou om te huur of ‘n besigheid wat na ure hulle gebou beskikbaar kan stel om christelike byeenkomste te hou. Gehard du Plessis.
* Susan, baie dankie vir jou weeklikse rubrieke. Ek ken die Bybel nie so goed soos jy nie maar ek glo jy maak ‘n dieptestudie daarvan. Ek weet jou leringe stem dalk nie ooreen met die moderne kerk s’n nie, maar ek twyfel ook soms of die kerk alles reg het. Dalk het hulle die kat (of die duiwel) aan die stert beet en is jy al die tyd reg. Hoe dit ookal sy, jou rubriek en die godsdiensdebatte laat mense weer bietjie Bybelstudie doen en dalk beweeg ‘n klompie Vaaldriehoekers weer nader na ons Ware God. Groete, Elizabeth B.
* Ai tog die mense wat mekaar so aanval, dit maak mens siek om elke Woensdag my gunsteling koerant oop te maak en die gestryery oor Susan te lees. Dit raak nou afgesaag. Ek ken ook ‘n paar mense wat ek wil dood preek, maar hou liewer my mond as ek nie weet waarvan ek praat nie. Zani
* susan susan susan ek skryf jou naam in kleinletters, net soos satan verdien jy om so aangespreek te word. Was jy altyd so? Het jy vroeg al jou sinne verloor? Ligte aan maar niemand by die huis. Daar is plekke wat mense soos jy huisves. Rerig, daar is ook mense wat jou kan help om die lig te sien. Dit moet vreeslik wees om dag in en dag uit so te sit en £#@&% uitdink, kry vir jou ‘n kat Oooo. Damm nee. Spaar die kat, kry wol en brei ‘n mus vir jou deurmekaar kop.
* Ek het gewoond geraak aan julle beledigings. Ek steur my nie meer daaraan nie. Susan.



