MEYERTON. – Gisteraand is waarskuwings links en regs uitgestuur dat die R59 tussen die Kliprivier-afrit en Pierneef-afrit ten alle koste vermy moet word.
SAMWU betogers het die pad met klippe en brandende bande versper en nie geskroom om voertuie met klippe te gooi nie.
Volgens kaptein Fikile Funda, woordvoerder van die Vereeniging-polisie, het inwoners van Sicelo, die informele nedersetting in Midvaal, ook by die betogings aangesluit.
Die Publieke Orde Polisie en Midvaal Verkeersdepartement hou egter die bewegings van die betogers fyn dop.
Die R59 is oop vir verkeer, maar die situasie kan enige oomblik verander. Die betogers wag steeds in spanning vir burgemeester Bongani Baloyi om hulle te kom toespreek.
Lees gerus meer hieroor in vandag se Vaalweekblad.




