LetterLifestyleOpinionsSponsored

GODSDIENSRUBRIEK: ‘n Kort verhaal geskryf deur Susan

• Die inhoud van dié rubriek is die mening van die skrywer en nie noodwendig van MooiVaal Media nie. Om u eie mening hieroor te lug, stuur ‘n sms na 45534. SMS’e kos R1-50 elk.

In die begin het God die mens na SY beeld geskape. Die mense het vermeerder en ‘n volk geword. Toe het God vir hulle wette neergelê om te onderhou. Ex. 20:1-17 en Deut.5:6-21. Maar hulle het nie na God geluister nie.

Selfs koning Salomo het baie uitlandse vroue gehad. 1 Kon.11:2 “Uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: “Julle mag nié met hulle meng nie en hulle mag nie met julle meng nie”. Vers 6: “So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie”. Amos 3:2 “Julle alleen het EK geken uit al die geslagte van die aarde, daarom sal EK by julle besoeking doen oor al julle ongeregtighede”. Jer. 15:6 “Jy het MY verwerp, spreek die HERE, jy het al agteruit gegaan, daarom strek EK my hand teen jou uit en verwoes jou. Ek is moeg om berou te hê.” Hab 1: 4 en 5 “Daarom verloor die wet sy krag en die reg kom nooit meer te voorskyn nie, want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn. Aanskou onder die nasies en merk op en staan verstom, verstom, want EK gaan iets in julle dae doen wat julle nie sal glo as dit vertel word nie.” Eseg.37 voorspel die eerste opstanding.

Lees dit asseblief baie noukeurig. Vers 11:”Toe sê HY vir my Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel.” Joh. 5:25 “Voorwaar, voorwaar EK sê vir julle, daar kom ‘n uur en dit is nou, wanneer die dode (nie almal nie) sal lewe. EN Vers 28: “Moenie julle hieroor verwonder nie, want daar kom ‘n uur wanneer almal wat in die grafte is Sy stem sal hoor en sal uitgaan, die wat goed gedoen het tot die opstanding van die lewe en die wat kwaad gedoen het tot die opstanding van die veroordeling. Die eerste opstanding het op Golgota plaasgevind. Jesus het hulle met SY bloed gekoop”. En ons? Matt. 26:28 “Want dit is MY bloed, die bloed van die nuwe testament wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes (nie almal nie). Daar kom ‘n dag wat God die deur gaan toemaak soos HY die Ark se deur toegemaak het. Dan is dit te laat om te sê Ons is jammer. Te laat om te sê: “Here, ons het nie geweet nie, want julle weet. Ek het dit vir julle gesê. Julle sê julle het Jesus lief, maar julle is nie bereid om te kies nie. Watse liefde is dit?” Openb. 22:12 “En kyk, EK kom gou en my loon is by MY om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. (Jesus se loon!!) (Nie ons loon nié) Vers 17 “En die Gees en die bruid sê: “Kom! Die bruid is die 144 000. Hulle is hier by ons op die aarde. Nie ‘n regte bruid nie, maar soos ‘n bruid. Jesus praat altyd deur gelykenisse.

Related Articles

 
Back to top button