
Die gemeenskappe van Unitaspark, Duncanville, Arcon Park, Sonlandpark, Mountridge, Riverpark, Buyscelia, Homelands, Mooilande, Panorama, Drie Riviere, Risiville en Drie Riviere Oos en Proper het gedurende die laaste 15 jaar hulself ge-organiseer deur vrywilligers om strukture in plek te kry om misdaad te bekamp. Party van hierdie strukture is meer as 15 jaar aktief betrokke en ontvang geen betaling vir die onselfsugtige diens wat gelewer word aan die gemeenskappe nie.
Deur die jare was daar op 4 geleenthede Gemeenskapspolisieringsforums gestig in Vereeniging, maar ongelukkig was die strukture nie suksesvol en volhoubaar nie, as gevolg van verskeie faktore in die vennootskap tussen die gemeenskappe en die SAPS, nieteenstaande verskeie pogings van die gemeenskappe om die vennootskap te maak werk. Dit sluit in e-posse, versoeke, briewe ge-adresseer aan die Stasie Bevelvoerders, “Cluster Commander”, asook die Department van Veiligheid en Sekuriteit. Twee ingrypingsvergaderings is gehou gedurende November 2013 met MajGenelaar Gela en een in Desember 2014 met Generaal Mothiba, waarby die Provinsiale Kommissaris instruksies uitgereik het aan SAPS vir onder andere ondersoeke asook regstellings wat verband hou met die volhoubaarheid van ‘n GPF, wat nie ge-realiseer het nie.
Op 19 Julie 2016 is ‘n formele uitnodiging ontvang na ‘n vergadering op 20 Julie 2016 met die Voorsitters van hierdie bestaande strukture met die doel om ‘n opname te maak na die status van hierdie instellings met die doel om weer ‘n nuwe GPF se stig.
Op die vergadering het die gemeenskappe ‘n voorstel gemaak dat daar eers aandag gegee word aan die bestaande probleme wat volhoubaarheid van ‘n GPF benadeel, alvorens daar weereens ‘n nuwe struktuur gestig word, wat moontlik net dieselfde pad sou loop as al die ander GPF’s. Daar was ook ‘n voorstel dat ‘n nuwe struktuur gestig word met die absolute uitsluiting van enige van hierdie strukture wat reeds in plek is oor die afgelope jare.
Daar is gestem op hierdie twee voorstelle, sonder inagneming van gemeenskappe wat 7 en meer lede daar gehad het asook die uitsluiting van gemeenskappe wat nie die vergadering kon bywoon as gevolg van die 24 uur kennisgewing ontvang nie. Elke persoon teenwoordig was toegelaat om te stem, alhoewel die uitnodiging slegs vir die Voorsitters was. Die meerderheid van die Voorsitters het die vergadering verlaat met die gevoel dat die hele proses onregverdig was teenoor mense wat jare al ‘n poging aanwend om ‘n onselfsugtige bydrae te lewer. Hulle is ook van mening dat hulle geen erkenning gekry het vir hulle pogings nie.
Die Voorsitters van die gemeenskappe, in ‘n poging om ‘n bydrae te lewer, was onderwerp aan intimidasie, dreigemente ens. in hulle pogings om ‘n verskil aan misdaad te maak in hulle areas.
Die huidige gevoel is dat hulle dan moontlik ander wettige opsies moet oorweeg om vir hulle in staat te stel om op ‘n wettige manier hulle bydrae te kan lewer.


