
AfriForum waarsku gemeenskappe om besonder veiligheidsbewus te wees tydens die verskiesingsproses, veral in gebiede waar die ANC volgens voorspellings moontlik beheer kan verloor.
“Die marknavorsingsgroep, Ipsos Suid-Afrika, het met vorige verkiesings akkurate voorspellings gemaak en vanjaar weer aangedui dat die ANC moontlik in verskeie gebiede deur mededingende partye verbygesteek gaan word. Landswye onluste en konflik word veral in dié gebiede verwag, en dus is dit belangrik dat mense op stemdag sowel as die in die komende weke paraat en verantwoordelik optree,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
Cameron sê voorts dat die onluste in Junie vanjaar, waartydens ANC-groepe onder meer busse en geboue aan die brand gesteek het omdat hulle gekant is téén die nominasie van Thoko Didiza as ANC-burgemeesterskandidaat van die Tshwane-metroraad, ’n verdere aanduiding is dat vonke waarskynlik gaan spat indien dié politieke party van mag ontneem word.
“AfriForum sal sy buurtwagte mobiliseer om die polisie – soos in die verlede – by te staan waar hulle ’n tekort aan kapasiteit het.”
Die organisasie het sewe veiligheidswenke vir stemdag (3 Augustus) opgestel:
- Parkeer jou motor op ’n veilige plek waar toesig gehou word.
- Vermy stempunte waar daar onrus plaasvind.
- Vermy konflik of konfrontasies in stemrye.
- Probeer om vroeg reeds by jou betrokke stempunt te wees.
- Probeer om saam met iemand te gaan stem.
- Rapporteer enige intimidasie.
- Rapporteer enige insidente op die AfriForum-toep: AfriForum-verkiesingswaghond.
Laai die AfriForum-toep af om deurlopend onrus of ongerymdhede aan te meld. AfriForum sal ook deurlopend op die organisasie se Facebook-blad enige geweld of onluste rapporteer vir die publiek om op hoogte te bly.
- Gebiede waar onrus vermoed word, is hierby aangeheg. Hierdie inligting is met behulp van onafhanklike navorsing en analises saamgestel.
Gauteng
Soshanguve, Ga-Rankuwa, Mabopane, Hercules, Atteridgeville, Hammanskraal, Mamelodi, Kameeldrift, Ekangala, Zithobeni, Tembisa, Onderstepoort, Pretoria CBD, Pretoria Noord, Bronkhorstspruit, Johannesburg, Midrand, Sharpeville Informele Nedersetting, Bekkersdal, Zola Informele Nedersetting (Soweto), Thokoza Informele Nedersetting, Doornpoort, Eersterust, Refilwe en Phillip Nel Park. Politieke onrus tussen die EFF, die ANC-geaffilieerde Sasco, DA, die ANC-jeugliga en PAC is waarskynlik.
KwaZulu-Natal
New Hanover, Appelsbosch, Tongaat, Umbilo, Queensburgh, Glencoe, Pinetown, Sea Cow Lake, Gandhi’s Hill, Avoca Hills, Newlands, Quarry Heights, Madadeni, Umdloti, Reservoir Hills, KwaDabeka, Kenville, Umbumbulu, Umzinto, Nkobongo, Umlazi, Ntshongweni, Nongoma, Inanda, Verulam, Howick, Izingolweni naby Port Shepstone, Durban, Umtshezi munisipale area (Estcourt), Ulundi, Umvoti, Empangeni en KwaMashu. Politieke onrus tussen die EFF, die ANC, IFP en die NFP is waarskynlik.
Wes-Kaap
Philippi, Khayelitsha en Kaapstad. Politieke onrus tussen die DA en die ANC is waarskynlik.
Noordwes
Huhudi, Tlokwe, Hebron, Wonderkop Informele Nedersetting, Marikana, Rustenburg, Mahikeng, Mokgola naby Zeerust, Swartruggens, Boitumelong Informele Nedersetting naby Bloemhof, Mmabatho en Christiana. Politieke onrus tussen die ANC, DA, SACP en die EFF is waarskynlik.
Mpumalanga
Mbombela, Delpark, Embalenhle, Bushbuckridge en Kanyamazane. Politieke onrus tussen die ANC en SACP is waarskynlik.
Limpopo
Tzaneen, Mokopane (Mozombane), Mangaung en Polokwane. Politieke onrus tussen die ANC, Agang en die EFF is waarskynlik.
Vrystaat
Bloemfontein, Sasolburg en Zamdela. Politieke onrus tussen die ANC, EFF en die SACP is waarskynlik.
Oos-Kaap
King William’s Town, KwaZakhele, Ibhayi, Bhisho, Butterworth, Govan Mbeki Informele Nedersetting, Oos-Londen en Mdantsane. Politieke onrus tussen die ANC en die SACP is waarskynlik.
Noord-Kaap
Kimberley, Upington en Daniëlskuil. Politieke onrus tussen die ANC en die DA is waarskynlik.



