EntertainmentEventsLifestyle
Potjie- en mampoerfees 2016
VANDERBIJLPARK. - Die Potjiekos en Mampoerfees wat die afgelope naweek by Stonehaven-on-Vaal gehou is, was weer eens 'n onvergeetlike bederf vir almal wat lief is vir lekker musiek, lekker eet, lekker drink en lekker kuier!

VANDERBIJLPARK. – Die Potjiekos en Mampoerfees wat die afgelope naweek by Stonehaven-on-Vaal gehou is, was weer eens ‘n onvergeetlike bederf vir almal wat lief is vir lekker musiek, lekker eet, lekker drink en lekker kuier! Dozy en Andriette Norman het vir die musiek gesorg en verder het die weer lekker saamgespeel om dit ‘n heerlike sorgelose dag op die walle van die Vaalrivier te maak. Die Potjiewedstryd, geborg deur Makro, was ook soos altyd ‘n groot sukses. Ons sien al klaar uit na volgende jaar se fees! Baie dankie aan Rex, Rosemary en al die gawe personeel van Stonehaven!















