NewsNews

Pa en seun weer in hof na Gavin-skietdood

VEREENIGING. - Die pa en seun wat tereg staan op die moord op die 19-jarige Gavin Victor van Alberton het op 22 Julie weer in die streekhof in Vereeniging verskyn.

VEREENIGING. – Die pa en seun wat tereg staan op die moord op die 19-jarige Gavin Victor van Alberton het op 22 Julie weer in die streekhof in Vereeniging verskyn.
Dit volg na die tragiese skietdood wat op 7 Mei naby Manhattans in Drie Riviere-Oos plaasgevind het. Vaalweekblad het vroeër berig dat daar ‘n onderonsie tussen een van Gavin se vriende en Stephanus by Manhattans vroeër die aand was. Stephanus het glo sy pa gekontak, wat toe saam met sy seun vir Gavin en sy vriend buite gewag het. Videomateriaal wys glo hoe Gavin se vriend uit die voertuig geruk word en aangerand word. Gavin het probeer om tussenbeide te tree, maar is drie keer geskiet.
Stephanus het homself op die toneel aan die polisie oorgegee en sy pa, Andreas Kloppers (52) is ‘n paar dae later ook in hegtenis geneem.
Landdros Kruger het op 13 Mei borgtog van R2 000 elk toegestaan met die voorwaarde dat hulle hul paspoorte sal inhandig, nie kontak met die staatsgetuies sal maak nie en elke Vrydag by die Vanderbijlpark-polisie sal aanmeld om die register te teken. Beide woon in Flora Gardens in Vanderbijlpark.
Die saak teen Andreas is egter op 22 Julie teruggetrek en die verhoor van Stephanus sal eersdaags begin. Hy staan tereg op aanklag van moord, twee klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, die hantering van ‘n vuurwapen onder die invloed van alkohol, die rig van ‘n vuurwapen op ‘n persoon en poging tot regsverydeling.
Die saak is tot 23 Augustus uitgestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button