Liggaam naby stortingsterrein gekry, voertuig nog soek
Die liggaam van 'n 49-jarige man is Woensdagoggend net duskant Parys se stortingsterrein naby die plaas Wolwehoek op die Parys/Weiveld-pad gekry. Die man is vermoor en het verskeie meswonde. 'n Verbyganger het die liggaam gesien en die polisie ontbied. Die lykskouing word Vrydag 5 Augustus gedoen.

Die liggaam van ‘n 49-jarige man is Woensdagoggend net duskant Parys se stortingsterrein naby die plaas Wolwehoek op die Parys/Weiveld-pad gekry. Die man is vermoor en het verskeie meswonde gehad. ‘n Verbyganger het die liggaam gesien en die polisie ontbied. Die lykskouing word Vrydag 5 Augustus gedoen.
Die polisie sê geen verdagtes is nog vir die moord in hegtenis geneem nie. Klagte van moord en roof met verswarende omstandighede word ondersoek. Daar word ook steeds gesoek na die Toyota Corolla met registrasienommer BRW 446 FS waarmee die man gery het toe hy vermoor is. Die motor het aan sy ma behoort.
Sy selfoon en skoene word ook vermis.



