Plaaslike gemeenskappe in Vereeniging se stryd om misdaadbevegting
Vaalweekblad het onlangs die onderstaande brief van inwoners van Vereeniging gekry, waarin beswaar gemaak word oor sekere aspekte van die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum. Lees ook Brigadier Sonja Slabbert se antwoord onder die brief. Die gemeenskappe van Unitaspark, Duncanville, Arcon Park, Sonlandpark, Mountridge, Riverpark, Buyscelia, Homelands, Mooilande, Panorama, Drie Riviere, Risiville en Drie Riviere Oos en Proper …

Vaalweekblad het onlangs die onderstaande brief van inwoners van Vereeniging gekry, waarin beswaar gemaak word oor sekere aspekte van die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum. Lees ook Brigadier Sonja Slabbert se antwoord onder die brief.
Die gemeenskappe van Unitaspark, Duncanville, Arcon Park, Sonlandpark, Mountridge, Riverpark, Buyscelia, Homelands, Mooilande, Panorama, Drie Riviere, Risiville en Drie Riviere Oos en Proper het gedurende die laaste 15 jaar hulself georganiseer deur vrywilligers om strukture in plek te kry om misdaad te bekamp. Party van hierdie strukture is meer as 15 jaar aktief betrokke en ontvang geen betaling vir die onselfsugtige diens wat gelewer word aan die gemeenskappe nie.
Deur die jare was daar op 4 geleenthede Gemeenskapspolisiëringsforums gestig in Vereeniging, maar ongelukkig was die strukture nie suksesvol en volhoubaar nie, as gevolg van verskeie faktore in die vennootskap tussen die gemeenskappe en die SAPS, nieteenstaande verskeie pogings van die gemeenskappe om die vennootskap te maak werk. Dit sluit in e-posse, versoeke, briewe geadresseer aan die stasiebevelvoerders, “Cluster Commander”, asook die Department van Veiligheid en Sekuriteit. Twee ingrypingsvergaderings is gehou gedurende November 2013 met Maj.Genl. Gela en een in Desember 2014 met Generaal Mothiba, waarby die Provinsiale Kommissaris instruksies uitgereik het aan SAPS vir onder andere ondersoeke asook regstellings wat verband hou met die volhoubaarheid van ‘n GPF, wat nie gerealiseer het nie.
Op 19 Julie 2016 is ‘n formele uitnodiging ontvang na ‘n vergadering op 20 Julie 2016 met die Voorsitters van hierdie bestaande strukture met die doel om ‘n opname te maak na die status van hierdie instellings met die doel om weer ‘n nuwe GPF se stig.
Op die vergadering het die gemeenskappe ‘n voorstel gemaak dat daar eers aandag gegee word aan die bestaande probleme wat volhoubaarheid van ‘n GPF benadeel, alvorens daar weereens ‘n nuwe struktuur gestig word, wat moontlik net dieselfde pad sou loop as al die ander GPF’s. Daar was ook ‘n voorstel dat ‘n nuwe struktuur gestig word met die absolute uitsluiting van enige van hierdie strukture wat reeds in plek is oor die afgelope jare.
Daar is gestem op hierdie twee voorstelle, sonder inagneming van gemeenskappe wat 7 en meer lede daar gehad het asook die uitsluiting van gemeenskappe wat nie die vergadering kon bywoon as gevolg van die 24 uur kennisgewing ontvang nie. Elke persoon teenwoordig was toegelaat om te stem, alhoewel die uitnodiging slegs vir die Voorsitters was. Die meerderheid van die Voorsitters het die vergadering verlaat met die gevoel dat die hele proses onregverdig was teenoor mense wat jare al ‘n poging aanwend om ‘n onselfsugtige bydrae te lewer. Hulle is ook van mening dat hulle geen erkenning gekry het vir hulle pogings nie.
Die Voorsitters van die gemeenskappe, in ‘n poging om ‘n bydrae te lewer, was onderwerp aan intimidasie, dreigemente ens. in hulle pogings om ‘n verskil aan misdaad te maak in hulle areas.
Die huidige gevoel is dat hulle dan moontlik ander wettige opsies moet oorweeg om hulle in staat te stel om op ‘n wettige manier hul bydrae te kan lewer.
*Brigadier Sonja Slabbert, Stasiebevelvoerder van die SAPS in Vereeniging antwoord:
1.Ek het ‘n baie eensydige e-pos ontvang tov die Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Vereeniging. Dis duidelik dat dit nie deur ‘n verslaggewer geskryf is nie maar ontvang was van ‘n deel van die vorige GPF struktuur op Vereeniging wat meer as 2 jaar gelede almal vrywillig bedank het.
2.Verskeie redes vir die bedankings was aangevoer, wat onder andere persoonlike redes, ontevredenheid met die vorige bestuur van Vereeniging SAPS en die Sektor Bevelvoerder asook meningsverskille oor hoe die GPF bestuur moes word, ingesluit het.
3.Die stasie het intussen ‘n nuwe stasiebevelvoerder (ekself, brigadier Sonja Slabbert) ontvang asook die sektorbevelvoerder waaroor “die kommittee ontevrede was”, werk by ‘n ander stasie.
4.Die huidige bestuur van Vereeniging SAPS het reeds verskeie “Sub-Forum” kommittees gestig en het ook maandeliks ‘n vergadering wat deur die sektorbevelvoerder en SAPS bestuur bygewoon word, omrede dit van uiterste belang is om misdaad saam hok te slaan. Die areas waar komitee gestig is toon reeds ‘n afname in misdaad.
5.GPF Strukture is nie ‘n keuse nie maar word deur die wet voor geskryf en dit is een van die Stasie Bevelvoerder se pligte om te verseker dat die stasie ‘n amptelike verkose struktuur in plek het wat ‘n skakel kan wees tussen die Polisie en die gemeenskap.
6.Op 2016-07-20 was ‘n vergadering geroep deur met ‘n verteenwoordiger van die Gemeenskaps Polisie verhoudings koördineerder (MEC ) by Vereeniging SAPS, alle sub forums komitees was genooi ten einde die gereedheid van forums te bepaal en ook die Induksie program van GPF en Buurtwag te bespreek, asook prosesse wat gevolg moet word vir ‘n toekomstige GPF.
7.Op ‘n voorstel ontvang van ‘n voorsitter om ‘n Interim GPF struktuur te stig, heeltemal in lyn is met die konstitusie van GPF strukture, was sektor 2 se voorsitters daarteen, (nodeloos om te sê die ou komitee).
8.Samelopend met die voorstel was dat “old issues” deur die nuwe interimkomitee aangespreek en waar moontlik afgehandel sou word, asook dat wat reeds gefinaliseer is, as afgehandel beskou sou word – selfs dit was onaanvaarbaar.
9.Op geen stadium was daar weiering van enige komitee om die onafgehandelde punte van die verlede te finaliseer nie, die oorgrote meerderheid verteenwoordigers was van mening dat dit tyd was vir ‘n nuwe begin.
10.Die besluit is tot stemming gebring en die uitslag was dieselfde slotsom, op grond van ‘n minderheidstem, het Mountridge en Riverpark areas opgestaan en uitgestap.
11.Die Interim forum was gestig en die SAPS en die huidige forums wat gestig is, sien uit daarna om na 3 maande ‘n Algemene jaarvergadering te hou, dat alle induksies gedoen sal wees en dat Vereeniging SAPS en die weier gemeenskap sal hande vat, projekte loods en Vereeniging ‘n beter en veiliger plek sal maak vir almal.
12.Neem kennis dat om op die GPF te dien ‘n absolute vrywillige diens is , “uit die gemeenskap vir die gemeenskap” , die verkose periode vir ‘n komitee was 3 jaar en is intussen verleng na 5 jaar. Soos die Polisie is die GPF soms ‘n “ondankbare diens” en slegs persone wat ‘n passie het oorleef.
13.Ek as Stasie Bevelvoerder wil namens die bestuurspan van Vereeniging SAPS, dankie se aan almal wat hulself bereid stel om maandeliks die vergadering by te woon, en sodoende die SAPS se hand te sterk, T -E -A -M – Together Each Achieve More.



