
ʼn Jong vrou is in ʼn kritiese toestand nadat haar voertuig vandag (22 Augustus) omstreeks 15:00 ongeveer 15km voor Potchefstroom op die N12, Johannesburg rigting gerol het.
IMR ambulans dienste en ER24 het op die toneel gekom om die vrou te behandel. Omdat sy vasgevang was in die voertuig moes Tlokwe brandweer en ER24 hidrouliese redding toerusting gebruik om haar uit te sny. Die vrou is behandel waarna sy na Medi-Clinic Potchefstroom toe vervoer is vir verdere behandeling.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




