Bokke krap kastaiings uit die vuur
VANDERBIJLPARK. – Daar gaan reuse-spronge gegee moet as die res van die rugbywêreld die gaping tussen hulle en die All Blacks wil vernou. Dit is die harde feite na die eerste ronde van die Rugby Kampioenskap tussen Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Argentinië. Die All Blacks het sy status as pasaangeër in wêreldrugby weer herbevestig toe …
VANDERBIJLPARK. – Daar gaan reuse-spronge gegee moet as die res van die rugbywêreld die gaping tussen hulle en die All Blacks wil vernou. Dit is die harde feite na die eerste ronde van die Rugby Kampioenskap tussen Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Argentinië. Die All Blacks het sy status as pasaangeër in wêreldrugby weer herbevestig toe hy Australië Doer Onder met 42-8 geklop het.
Suid-Afrika het Saterdag in Nelspruit amper weer skandes teen Argentinië gemaak en eers laat in die wedstryd die kastaiings uit die vuur krap om met 30-23 te wen. Een ding is verseker al gee die All Blacks vooraf hulle wedstrydplan en lynstaantekens vir enige van die ander spanne in die kompetisie gaan hulle steeds moeilik geklop word.
Beroepswedders behoort die Suid-Amerikaners ‘n gunstiger wedsyfer vir hulle herontmoeting Saterdag op tuisbodem teen die Springbokke te gee. As die draers van die Groen en Goud nie vanuit die staanspoor op al sy suiers vuur nie, gaan dit ‘n lang dag op kantoor wees. Die Aussies behoort ook redelik op te sien na die vooruitsig om die magtige All Blacks Saterdag in Wellington in die Land van die Lang Wit Wolk aan te durf.





