NewsPhoto GalleriesSportSportSport

Video: o.15-krieket: Driehoek teen Transvalia

VANDERBIJLPARK. – Dit was ’n naweek gelaai met goeie kragmetings in die plaaslike liga vir o.15-spanne. Nadat hy vroeër die seisoen teen Gimmies verloor het, het die Dokkies Saterdag met mening teruggekap. Malan het ’n teiken van 205/10 daargestel danksy goeie kolfwerk deur Hendri Prinsloo (54) en Dean McGear (45). Gimmies was vroeg in die …

VANDERBIJLPARK. – Dit was ’n naweek gelaai met goeie kragmetings in die plaaslike liga vir o.15-spanne.
Nadat hy vroeër die seisoen teen Gimmies verloor het, het die Dokkies Saterdag met mening teruggekap. Malan het ’n teiken van 205/10 daargestel danksy goeie kolfwerk deur Hendri Prinsloo (54) en Dean McGear (45). Gimmies was vroeg in die knyp met die telling op 22/4 en is uiteindelik vir 99 lopies uitgeboul, danksy Jacques Viljoen (3/16) en Francois Colombo (2/13).
Die Heidelberg Volkskool het op sy beurt vir HS Sasolburg oortuigend met 105 lopies geklop.Volkies het 245 aangeteken waarna Sasol vir 149 uitgeboul is.
Vir Volkies het MG Joubert (64) en Micheal Barnard (73) die lang steel ingelê en Jan van Rooyen (6/21) was die room van die boulers. Transvalia het op sy beurt vir Driehoek met twee paaltjies geklop.
Die naweek se bepalings is: Sasol (t) teen Gimmies
Transvalia (t) teen Volkies en Driehoek (t) teen Marais Viljoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button