NewsNews

Is waterbeperkings ons voorland?

Met die aanhoudende droogte waaronder die land gebuk gaan en die Vaaldam wat maar ‘n skrale 33.3% vol is, is daar besluit om waterbeperkings in Johannesburg te implimenteer. Die Vaaldam is reeds etlike maande onder sy drumpel van 60% Inwoners wat nie die reëls gehoorsaam nie, kan ‘n boete van tot R1 500 opgelê word. …

Met die aanhoudende droogte waaronder die land gebuk gaan en die Vaaldam wat maar ‘n skrale 33.3% vol is, is daar besluit om waterbeperkings in Johannesburg te implimenteer. Die Vaaldam is reeds etlike maande onder sy drumpel van 60%

Inwoners wat nie die reëls gehoorsaam nie, kan ‘n boete van tot R1 500 opgelê word. Die waterverbruik in Johannesburg is met 15% verminder, dus sal Rand Water hul watertoevoer na Johannesburg met 15% sny.

Gedurende November is vlak 2 waterbeperkings reeds ingestel, maar inwoners kon steeds hul besproeiingstelsels gebruik om tuin nat te lei. Inwoners kon tuine tussen 18:00 en 06:00 natlei. Nou mag besproeiingstelsels nie gebruik word nie en ‘n swembad mag slegs met boorgatwater volgemaak word.

Tuine mag slegs met tuinslange, emmers en waterkanne natgelei word.

Johannesburg se Waterraad het die hulp van die JMPD ingeroep om boetes te gee aan diegene wat nie die reëls nakom nie. Volgens dié Waterraad word 40% van Johannesburg se waterverbruik gebruik om tuine nat te lei.

Nuwe waterbeperkingstariewe sal ook in werking tree en is as volg:

* 10% ekstra vir waterverbruik tussen 20 000 en 30 000 liter ‘n maand.

* 20% ekstra vir waterverbruik tussen 30 000 en 40 000 liter ‘n maand.

* 30% verhoging vir waterverbruik meer as 40 000 liter ‘n maand

Intussen doen Johannesburg Waterraad alles in hul vermoë om lekkasies te voorkom om sodoende water te bespaar. Hulle moedig ook inwoners aan om te belê in ‘n boorgat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button