Ongeluk na ongeluk
VANDERBIJLPARK. – ‘n Sekondêre ongeluk het vanoggend op die Barrageweg plaasgevind tussen die Pick & Pay robot en Vereeniging. Aanvanklik was daar ‘n ongeluk toe ‘n voertuig onklaar geraak het in die rigting van Vereeniging. Die voertuig het in die ryvlak gestaan en aankomende verkeer moes bontstaan om hom te vermy. ‘n Rooi Mazda CX3, …

VANDERBIJLPARK. – ‘n Sekondêre ongeluk het vanoggend op die Barrageweg plaasgevind tussen die Pick & Pay robot en Vereeniging.
Aanvanklik was daar ‘n ongeluk toe ‘n voertuig onklaar geraak het in die rigting van Vereeniging. Die voertuig het in die ryvlak gestaan en aankomende verkeer moes bontstaan om hom te vermy. ‘n Rooi Mazda CX3, het brieke aangeslaan en die bestuurder van ‘n wit Nissan dubbelkajuit bakkie was net te laat en het die voertuig van agter gestamp.
Volgens ooggetuie van Tech Auto Body, Michael, het hulle driehoeke uitgesit en die verkeer gereguleer toe ‘n vrou in ‘n silwer Volvo met ‘n groot spoed aankom.
“Sy het uitgeswaai vir die toneel en het beheer verloor oor haar voertuig. Daarna is sy oor die middelman en het haar voertuig getol en voor ‘n bakkie in die aankomende baan beland.” “Sy het ‘n Chevrolet bakkie getref en die bakkie het gerol en op sy dak te lande gekom,” vertel Michael.
Die bestuurder van die bakkie is op die toneel behandel vir ligte beserings en na die hospitaal geneem vir waarneming. Die polisie ondersoek die ongeluk.












