Soniya Koekemoer se verhoor sou op 20 en 21 September voortgaan nadat sy skuld erken het op die moord van haar dogtertjie Michelle (8), op 9 Junie vanjaar.
Sy het alles erken in haar pleitverduideliking in die streekhof op Donderdag 11 Augustus, toe haar prokureur Francois de Kok, haar verklaring voorgelees het. Haar prokureur het egter nou aangedui dat sy vir sielkundige waarneming gestuur gaan word en dat die saak nou uitgestel is na 28 en 29 November. Sy bly in aanhouding.
* Francois de Kok tree op as Soniya se regsverteenwoordiger en staatsaanklaer Erik van der Merwe, van die Nasionale Vervolgings Gesag (NVG) verskyn namens die staat. Landdros Robert Button hanteer die saak.



