SAUK ly R411 miljoen verlies
Die SAUK het ‘n nettoverlies van R411 miljoen vir die 2015/2016 finansiële jaar aangeteken. Die openbare uitsaaier se jaarverslag is deur James Aguma, waarnemende hoof van die SAUK, voorgelê. Die verlies is selfs meer as die 2014/2015 finansiële jaar se R401 miljoen nettoverlies. Volgens Aguma is die verlies weens onvoorsiene uitgawes rakende gebeure van nasionale …

Die SAUK het ‘n nettoverlies van R411 miljoen vir die 2015/2016 finansiële jaar aangeteken.
Die openbare uitsaaier se jaarverslag is deur James Aguma, waarnemende hoof van die SAUK, voorgelê.
Die verlies is selfs meer as die 2014/2015 finansiële jaar se R401 miljoen nettoverlies.
Volgens Aguma is die verlies weens onvoorsiene uitgawes rakende gebeure van nasionale belang, belegging in verpligte sportsoorte en ander negatiewe gebeure wat negatiewe opbrengs tot gevolg het. Die befondsing van die regering wat minder as 3% is en die impak van belastingaanpassings het ook bygedra tot die verlies.
Aguma het verder gesê dat die SAUK in die afgelope boekjaar R876 miljoen spandeer het om nuusprogramme te produseer en R573 miljoen om regte te bekom om sport uit te saai. Die kontantvloei van die SAUK het ook van meer as R1 miljard in 2015 na R881 miljoen in 2016 afgeneem.
Wat die statistiek betref het die SAUK se 18 radiostasies 28.8 miljoen luisteraars per week, terwyl 28.8 miljoen mense weekliks SABC1, 26.9 miljoen SABC2 en 21 miljoen SABC3 kyk.



