Gemeenskapsdiens vir student wat op man urineer
Djavan Arrigone, voormalige student aan die Universiteit van Kaapstad en model vir Boss, moet 200 uur gemeenskapsdiens doen omdat hy twee jaar gelede op ‘n minibus-bestuurder geurineer het. Arrigone het in 2015 van die balkon van die nagklub Tiger Tiger in Claremont bo-op ‘n ander man geurineer. Landdros Siviwe Yaki het tydens die hofverrigtinge gesê …

Djavan Arrigone, voormalige student aan die Universiteit van Kaapstad en model vir Boss, moet 200 uur gemeenskapsdiens doen omdat hy twee jaar gelede op ‘n minibus-bestuurder geurineer het.
Arrigone het in 2015 van die balkon van die nagklub Tiger Tiger in Claremont bo-op ‘n ander man geurineer.
Landdros Siviwe Yaki het tydens die hofverrigtinge gesê dit was rassisties gemotiveerd, walglik en onmenslik. Sy het hom drie jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar, en gemeenskapsdiens opgelê.
Gedurende sy verhoor het Arrigone glo gesê hy het nie omgegee of sy urine op iemand val nie. Michelle Nomgcana, op wie Arrigone se urine geval het, het ‘n klag by die polisie gaan lê.
Arrigone sal sy gemeenskapsdiens by die Nasionale Intituut vir Misdaadvoorkoming en by die Herintegrasie vir Oortreders uitdien.



