News

AfriForum woeker in Vereeniging

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Vereeniging-tak het verlede week ’n skoonmaakprojek in dié dorp voltooi, bome geplant en veiligheidsopleiding vir inwoners aangebied.

 

“Die bome is by die Laerskool Handhawer geplant en as deel van die skoonmaakprojek is die gebied rondom die skool opgeruim. Jan-Piet Cooks, AfriForum se konsultant vir gemeenskapsveiligheid, het veiligheidsopleiding vir AfriForum se buurtwaglede aangebied,” sê Wico Swanepoel, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Gauteng-Suid.

 

“Veiligheid is prioriteit en dit is belangrik dat die buurtwaglede behoorlik opgelei is en weet wat van hulle verwag word,” sê Rene Vermaas, voorsitter van AfriForum se Vereeniging-buurtwag.

 

“Ons wil al die rolspelers bedank wat bygedra het tot al die suksesvolle aksies wat onlangs in die dorp uitgevoer is. Daar lê krag in ʼn gemeenskap wat hande vat en saamwerk,” sluit Swanepoel af.

 

Raak betrokke by AfriForum se Vereeniging-tak: Stuur ʼn e-pos na wico@afriforum.co.za, besoek die tak se Facebook-blad (AfriForum Vereeniging), óf SMS “Vereeniging” na 45342 (R1).

 

AfriForum Vereeniging-tak het bome by Laerskool Handhawer geplant.
AfriForum Vereeniging-tak het bome by Laerskool Handhawer geplant.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button