News

Vereeniging vrou adverteer haarself en dogter

VEREENIGING. - 'n Omstrede advertensie van 'n vrou wat haarself en haar dogter vir plesier adverteer, het soos 'n veldbrand versprei en oproepe stroom in.

Die advertensie wat as gemorspos (spam) afgemaak is, het egter Karin Smith, haar 15-jarige dogter en Martin Wolmarans se lewe geheel en al omver gegooi en hulle is erg getraumatiseer.

Die advertensie lees:

“I need to be filled with a hot load. My boyfriend Martin Wolmarans can’t get it up and has consented that I may f*** other guys. You are most welcome to come and relax at my place. I don’t ask any money, just come and fill me up. My daughter will join in.” (‘n Gedeelte van die advertensie is uitgehaal sodat die besigheid se naam en Karin se adres nie verder genoem word nie.)

Die kontaknommer wat verskaf is, is die van Karin se werk.

Karin sê sy het Maandagoggend toe sy die eerste oproep by die werk ontvang het, eers gedink dit is ‘n grap, maar toe die oproepe bly instroom van mans wat vra of sy beskikbaar is, het sy senuagtig begin raak. “Een man het selfs gevra of hy ‘n afspraak kan maak saam met my en my dogter,” sê ‘n hoogs ontstelde Karin.

Die advertensie is op 2 Oktober op AdsAfrica geplaas en die persoon het ook ‘n vals Facebook-profiel vir Karin geskep en mense links en regs vriendskapsversoeke gestuur. Die profiel is egter vandag toegemaak na 2 137 mense die vriendskapsversoek aanvaar het.

Op dié Facebook-profiel is nare goed gesê. “Daar staan goed soos my dogter is nog lekker styf (tight) en vra R100 vir skoolseuns en R500 vir volwasse mans.

Karin wil graag om verskoning vra vir haar werkgewer wie se naam en kontaknommer openlik in die advertensie gebruik is.

Toe Karin die advertensie op AdsAfrica sien het sy dadelik polisie toe gegaan om ‘n saak aanhangig te maak. “Ons is skaam om ons gesig in die openbaar en by die werk te wys, want ons name word gekoppel aan die advertensie wat nie deur ons geplaas is nie,” sê Martin.

Die polisie ondersoek ‘n saak van seksuele teistering en vra dat enige persoon met inligting na vore sal kom. Die oortreding word in ‘n baie ernstige lig gesien.

Enige persoon wat inligting het, kan kapt. Kruger by 082 778 9399 skakel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button