
Indien so sal die slapelose nagte van jou kind op universiteit se naglewe jou dalk minder uit die slaap hou.
Luidens ‘n verklaring van Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het Suid-Afrika die hoogste persentasie van alkoholinname (10-12 persent) in vergelyking met ‘n wêreldgemiddeld van 6 persent.
Volgens hom kan talle beserings in Suid-Afrika ook met alkoholinname verbind word en bestee die regering sowat R3,7 miljard aan probleme wat uit alkoholmisbruik spruit.
Die voorstelle in die wysigingswetsontwerp is gedoen deur na ander lande te kyk waar dit bewys is dat negatiewe voorvalle wat met alkohol verband hou, minder is waar die ouderdom van alkoholverbruik verhoog is.
Die wysigingswetsontwerp oor alkoholiese drank is verlede week deur die kabinet aanvaar en daarvolgens sal onverantwoordelike drankverspreiders en -vervaardiger kortgevat word. Dit sal ook verhoed dat advertensieborde wat alkohol adverteer naby vervoergeriewe soos treinstasies opgerig word.



