EntertainmentEventsNews

Munisipale hoof praat oor sy uitdagings

Mnr. Yunus Chamda, die munisipale bestuurder van Sedibeng en tans waarnemende munisipale bestuurder van Emfuleni, is op 20 Oktober die genooide spreker by 'n byeenkoms van die Rapportryers se Vereenigingtak.

//

Die Rapportryersbeweging se Vereenigingkorps nooi alle belangstellendes uit na ‘n byeenkoms by Lions Creek op Donderdag 20 Oktober, waar die munisipale bestuurder van Sedibeng en tans waarnemende munisipale bestuurder van Emfuleni, mnr. Yunus Chamda, as gasspreker sal optree. Mnr. Chamda, ‘n baie ervare en bekwame veteraan op die gebied van munisipale sake, gaan onder meer gesels oor die uitdagings en eise wat aan ‘n hedendaagse munisipale bestuurder gestel word. Teenwoordiges sal ook ‘n geleentheid kry om hom persoonlik te ontmoet en met hom te gesels.
Die geleentheid begin om 18:30 vir 19:00 en die koste is R140 per persoon en sluit ‘n heerlike ete in. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees. Skakel gerus enige van dié mense om te bespreek: Herman Steyn (016 423 3883), Corrie Underhay (083 302 8539), Josef Coetzee (082 888 6333), Fielie van der Walt (083 543 6833) of Alex Douglas (082 807 9880).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button