LetterOpinions

Oorplanting in Duitsland kan Lené se lewe red

'n Beenmurgoorplanting in Duitsland kan Lené Pienaar van Vanderbijlpark se lewe red.

Mev. Michelle Pienaar van die Vaaldriehoek skryf hierdie hartroerende brief:
Ons is van Vanderbijlpark. My dogter Lené is op 28 weke prematuur gebore en is nou 19 jaar oud. Sy het slegs 1 kg by geboorte geweeg, maar sy was van kleins af ‘n vegtertjie. Lené isin Mei 2015 met T-cell All limfoblastiese leukemie gediagnoseer. In Julie het sy ‘n terugslag gehad en breinkanker sowel as kanker in haar rugmurg en senustelsel is ontdek.
Met daaglikse intensiewe bestraling en weeklikse chemo is Lené tans in remissie. Sy ontvang egter steeds weeklikse chemo totdat sy ‘n beenmurgoorplanting kan kry. Ongelukkig is ek nie ‘n 100% ‘match’ nie. Ons het ‘n 100% geskikte persoon gevind in Duitsland – dis waarom die oorplanting daar moet plaasvind. Die kostes beloop ongeveer R1.6 miljoen. ‘n Beenmurgoorplanting is Lené se enigste hoop op ‘n nuwe lewe. Sy het al soveel terugslae gehad in haar lewe.
Ek behoort nie aan ‘n mediese fonds nie, omrede ek dit nie kan bekostig nie. Maar daar bestaan wel ‘n trustfonds vir Lené. Dit is daar om fondse vir operasies, benodighede soos bv rolstoel en nodige behandelings in te samel. Die fonds bestaan al vandat Lené 3 jaar oud was. Ek is van Lené se pa geskei toe sy maar net 3 jaar oud was en hy betaal die afgelope paar maande geen onderhoud aan haar nie.
Lené is my hart se punt en my grootste wens is om haar gesond te sien. Ek is tans besig met fondsinsamelings. Ek het die publiek se hulp dringend nodig vir bydraes om vir die oorplanting te kan betaal. Diegene wat belangstel om ‘n bydrae te maak, kan dit in Die Lené Hulpfonds ABSA, Fondsnommer 9068840352 oorbetaal. Ek sal enige hulp ontsettend baie waardeer. Skakel my asseblief vir meer inligting: Michelle 082 720 3258.

Support local journalism

Add vaalweekblad as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
 
Back to top button