Howzat-toernooi ‘n reuse-sukses
VEREENIGING. – Die Howzat T20-kriekettoernooi en kliniek vir o.9, o.11, o.13-spanne wat verlede week by Vereeniging Gimnasium in samewerking met die Morkel Krieket Stigting en Blue Bird Productions aangebied is, was ‘n reuse-sukses. Heinrich Cloete is as die Kolwer van die Toernnooi aangewys. Hy het meer as 200 lopies oor die drie dae se wedtryde …
VEREENIGING. – Die Howzat T20-kriekettoernooi en kliniek vir o.9, o.11, o.13-spanne wat verlede week by Vereeniging Gimnasium in samewerking met die Morkel Krieket Stigting en Blue Bird Productions aangebied is, was ‘n reuse-sukses. Heinrich Cloete is as die Kolwer van die Toernnooi aangewys. Hy het meer as 200 lopies oor die drie dae se wedtryde aangeteken. Die ander kolwer wat vyftigtalle aangeteken het, is Jono van Zyl, Wyers Fourie en Kyle Cutler. Die top boulers van die toernooi is Ethan Laubscher (9 paaltjies) en Marco Trahms (ses paaltjies).
Volgens Albert Morkel, die meesterbrein van die toernooi, is hy baie tevrede met die gehalte van spel wat gedurende die drie dae se spel opgelewer is.











