CommunityNewsNews

Geweerskoot oorblyfsels op handskoene gevind

#DuPreezHofsaak

09:43 – Die hofsaak gaan voort met ao. Alberts in die getuiebank.

Admin: Adv. Van Der Merwe vra die hof om die Kennisgewing van Regte in die hofdokumente te ruil met die oorspronklike dokument.

Met ao. Alberts in die getuiebank is hy weer uitgevra oor die oliefilter wat hy in die kussing in Phillip se kas gekry het. Adv. Van Der Merwe wys ao. Alberts ‘n album met foto’s van die knaldemper en kussing. Ao. Alberts bevestig dit is die knaldemper wat hy gevind en in watter posisie dit gevind is. Elke item is in ‘n verskillende seëlsak verpak. Alberts bevestig dat hy al die items geseël het en by die polisiestasie ingehandig het. Dis persoonlik deur hom by die forensiese-afdeling ingehandig. Hulle het die kleefband ondersoek vir DNA en daar is bevestig dat dit met Du Preez se DNA ooreenstem.

Ao. Alberts bevestig hy was teenwoordig op 4 Desember 2015 toe die lykskouing uitgevoer is en dat ‘n forensiese deskundige DNA-toetsmonsters geneem het.

Adv. Van Der Merwe wys drie verslae aan ao. Alberts wat hy bevestig en dit word as bewysstukke ingedien.

Dr. Seele, staatspataloog, het tydens die lykskouing projektiele aan ao. Alberts oorhandig wat tydens die lykskouing binne die liggame gevind is. Twee uit Thea se ligggaam en vier uit Carlia se sin. Die projektiel wat Phillip getref het is deur sy kop anderkant uit en is reeds op die moordtoneel verwerk.

10:20 – Regte Hennie de Vos verdaag die hof sodat die bewystukke se nommers tussen die staat en verdediging uitgesorteer kan word.

10:30 Sitting gaan voort.

Die seëlnommers van die bewystukke word in die hof bevestig.

 

Volgens dokumente van die ontleding van die geweerskoot oorblyfsels, was Du Preez se hande skoon, maar nie die handskoene nie. Ao. Alberts  is gevra om aan die hof te verduidelik wat geweerskoot oorblyfsels is en hy het ook bevestig dat dit afgewas kan word.

Van der Merwe bevestig dat die bloed op kouse, die kussing, oliefilter en die baadjie ooreenstem met die van Thea. Du Preez se DNA is ook op die handskoene wat in die dak gekry is, gevind.

Drie verslae van kapt. Van Rooyen van die ballistiese-eenheid word aan die hof voorgelê en ingehandig.

Kapt. Van Rooyen sal more sy plek in die getuiebank inneem.

Daar is ook bevestig dat slegs die vuurwapens wat in die dak gevind is gebruik is vir die driedubbele moord.

AO.Alberts bevestig dat die vingerafdrukke wat geneem is ooreenstem met die van die beskuldigde en geen vingerafdrukke van die familie nie.

10:55 Die hof verdaag vir tee.

FOTO’S: DAG 4, 13 Oktober 2016

634A9572 (Small)

634A9573 (Small)

634A9575 (Small)

634A9576 (Small)

634A9577 (Small)

634A9578 (Small)

634A9579 (Small)

634A9580 (Small)

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button