
Om 11:25 is ‘n afskrif van wyle Thea se testament aan die hof voorgelê. Volgens haar testament het Thea ‘n lewenspolis gehad van R2.2miljoen waarvan 25% aan elk van haar kinders bemaak is en 50% aan Fanie. Thea het nog ‘n polis by haar werkgewer gehad wat ook 25% aan elk van haar kinders gaan en die res na haar boedel.
Fanie het na sy aflegging by die werk sowat R27 000 ontvang.
Adv. Van Der Merwe het ‘n kort opsomming van ballistiese getuies gegee. Wyle Thea is geskiet met .38-rewolwer, ‘n knaldemper en ‘n kussing is ook gebruik. Carlia is met Du Preez se 9mm-pistool geskiet. In haar kamer is ook ‘n skoot met die .38-rewolwer afgevuur wat haar gemis het. Phillip is ook met die 9mm-pistool geskiet, en ‘n skoot met die .38-rewolwer is in sy kamer ook afgevuur wat hom gemis het. ‘n Totaal van 11 skote is daardie tragiese dag met twee verskillende vuurwapens afgevuur.
11:34 – Adv. Van Wyk vra dat die hof afstaan na Vrydag vir verdere konsultasie en dokumentasie.
Adv. Van Der Merwe handig die verklaring van Du Preez in wat tydens sy borgaansoek geneem is waarin hy melding maak dat hy onskuldig gaan pleit op die drie moordklagtes omdat hy dit onder dwang gedoen het.
11:39 – Die hof verdaag vir Vrydag 14 Oktober wanneer ao. Alberts onder kruisondervraging geneem word deur adv. Van Wyk.
FOTO’S: 14 Oktober 2016











