
Wat het verder in die hof gebeur vandag?
11:12 – Adv. Van Wyk wou weet of ao. Alberts handskoene aan gehad het toe hy die knaldemper gekry het waarop hy ‘nee’ geantwoord het.
Adv. Van Wyk stel dit aan ao. Alberts dat Du Preez die filtreerder wat sy vriend vir hom geboor het voor sy vrou, Thea, getoets het. Ao. Alberts het egter nie die filter herwin nie omdat Du Preez in hegtenis was.
Adv. Van Wyk gaan oor na die forensiese aspekte. Hy het ‘n foto van Du Preez se kouse aan die hof gewys met bloedkolle op waarna ao. Alberts bevestig het dit is die van Thea. Ao. Alberts is ook oor die DNA-toetse uitgevra waarop ao. Alberts gesê het hy kan nie daaroor getuig nie.
Vrae oor Du Preez se regsposisie ten opsigte van wyle Thea se testament is ook aan ao. Alberts gevra waarop regter De Vos ingetree het en gesê het die Meester van die Hooggeregshof hanteer dit.
Hy is verder gevra of hy weet die matte in Phillip se kamer is vervang, maar hy weet niks daarvan nie. Hy sê egter hy en ‘n ander polisie-lid het die mat gaan haal en net ‘n klein gedeelte van die mat gelig.
Daar was ook glo ‘n skietery ‘n paar jaar gelede. Adv. Van Wyk wil weet of ao. Alberts kennis dra daarvan waarop hy antwoord daar is ‘n gaatjie in die venster gewys het, maar hy kon nie bevestig dat dit ‘n koeëlgat is nie.
Regter De Vos vra dat relevante vrae gevra moet word.
Op verkeie stellings wat adv. Du Preez maak antwoord ao. Alberts dat dit onwaar is soos onder meer dat hy nie wou hê Du Preez moet skoene aantrek nie.
Adv. Van Wyk wou verder weet waarom ao. nie Du Preez se bloed getrek het nie waarop hy sê dit was onnodig en hy wou weet waar en wanneer die 360 kamera gebruik is. Ao. Alberts het egter nie die foto’s nie en meen dit is geneem na die toneel versteur is.
Die verhoor is tot 17 Oktober uitgestel.






