Entertainment

Kom kyk vir Theuns

MEYERTON. - Daar wag ‘n vol program vir feesgangers tydens die Eureka Vaal Ster-fees wat op 28 en 29 Oktober by Hoërskool Dr. Malan plaasvind.

 

Die immergewilde sangsensasie Theuns Jordaan tree die Vrydag op, terwyl Brendan Peyper Saterdag as gaskunstenaar optree. Nuwe sang-talent soos Lorrinde Smith, Deon, Peet Slabbert, Ruan Tennant, Verona Goslett en Courage Dear Heart gaan ook by dié fees optree.

Die Eureka Vaal Ster-fees beloof om hope pret en plesier vir jonk en oud in te hou. Vir die hongerpyne sal daar kosstalletjies vir elke smaak wees en meer as genoeg om die dors te les. Daar gaan ook ‘n vertoning deur die K9 Honde-eenheid gehou word, asook helikopter flips.

Vir die jongklomp sal daar ‘n mallemeule en springkastele wees. Die motoruitstallings en gehalte kunsmark sal ook jou hoogste verwagtinge oortref.
Besighede word genooi om stalletjies te bespreek. Kosstalletjies is ongelukkig reeds vir die naweek vol bespreek.

Die koste beloop R60 per persoon. Die hekke sal Vrydag om 13:00 open tot 22:00 en Saterdag van 09:00 tot 22:00. Vir besprekings skakel Santie van Tonder by 073 181 4096 of stuur ‘n e-pos na santie@eurekaschool.co.za

 

Brendan Peyper
Brendan Peyper

Related Articles

 
Back to top button