Skoot vir skoot verduidelik #DuPreezHofsaak
VEREENIGING. - Regter De Vos wil graag die saak so spoedig moontlik afhandel.

Dag 6 Artikel 1 – 17 Oktober 2017
Daar sal gekyk word tussen die skedules van die twee advokate, Erik van der Merwe en Roelof van Wyk, sodat hulle volgende week kan voortgaan tot die saak afgehandel is. Vandag getuig kaptein Joe van Rooyen, ballistiese deskundige van die forensiese-eenheid in Pretoria met 20 jaar diens. Later sal Rina Fouché, suster van Thea du Preez, getuig.
09:30 Hofsitting begin.
Adv. Van Der Merwe handig bewystukke van die getuie in onder meer ‘n uiteensetting van die wapens wat in die moord gebruik is.
Kapt. Van Rooyen word ingesweer.
Kapt. Van Rooyen getuig hy was op die toneel op 3 Desember 2015 en was ook teenwoordig by die lykskouing. Hy bevestig ook dat hy al die wapens, projektiele en ammunisie wat op die toneel gevind is, ontvang het vir ballistiese toetse. Hy getuig verder dat elke projektiel ‘n laboratorium nommer ontvang het en met die wapens vergelyk is om te bepaal of dié wapens die projektiele afgevuur het.
Adv. Van Der Merwe verwys na die .38-special rewolwer. Van Rooyen het self twee projektiele verwyder uit twee verskillende kamers. Een in Carlia se kamer en een in Phillip se kamer. Nie een van die projektiele het hulle getref nie. Hy het ook ‘n projektiel binne die oiliefilter gevind. Die patrone wat Thea getref het is moontlik van die .38-rewolwer en die ander een is te beskadig om vas te stel, maar moontlik dieselfde vuurwapen.
Die 9mm-Parrabellum Targus, waarvan ses projektiele in Carlia se liggaam gevind is, asook een in Phillip se kop is die volgende besprekings punt. Al die projektiele kon as gevolg van skade nie positief geidentifiseer word met die vuurwapen nie. Die doppies kom egter uit die 9mm Targus wapen.
10:00 – Adv. Van Der Merwe verwys na fotos wat in Thea se kamer geneem is. Hy vra hoe akkuraat die skieter met die kussing en oliefilter kon geskiet het. Kapt. Van Rooyen sê op ‘n naby afstand sou hy defnitief sy teiken tref. Verder sê hy dat hoe verder weg hoe minder akkuraat die skote sou wees. Hy getuig ook dat met die toestel (knaldemper) moet jy naby aan die teiken wees. Hy bevestig ook dat hy die spatsels op die kussing as bloed geidentifiseer het.
Kapt. Van Rooyen getuig dat die swart aanpaksels op die kussing die kan wees van die warm gasse en verbrandings van die silinder van die wapen. Kapt. Van Rooyen getuig hy Thea in haar kamer met ‘n duvet oor haar gevind. Hy bevestig sy het twee skietwonde gehad aan haar gesig en dat die twee projektiele van links na regs in haar kop beweeg het. Die twee projektiele is nie presies uit dieselfde posisie geskiet nie. Hy reken die knaldemper het die dryf van die projektiel verstadig maar dat die wapen op ‘n kort afstand afgevuur is. Volgens van Rooyen moes die skieter aan die linkerkant van die bed gelê het en Thea moes op haar linkerwang gelê het.
09:30 In Phillip se kamer het van Rooyen getuig dat Phillip met een 9mm projektiel getref is. Hy getuig dat Phillip in ‘n duvet toegedraai was toe hy op die toneel kom. Hy beskryf aan die hof dat hy ‘n skematiese voorstelling gemaak het oor die twee skote wat in Phillip se kamer afgevuur is van die .38 revolwer. Een projektiel is uit die bedkassie en die tweede skoot in die muur. Van Rooyen dui in die hof aan die rigting waarin die twee projektiele beweg het. Een skoot was afwaarts ongeveer 10 grade en die tweede trajek was afwaarts ongeveer 22 grade.
10:45 – Hy bevestig hy het vere op die laken gevind. Volgens kapt. Van Rooyen was die twee skote sowat 45cm bo-oor die bed geskiet is. Die projektiel wat wel vir Phiilip getref het is uit ‘n ander wapen, die 9mm-pistool afgevuur. Die projektiel was positief met die Taurus-wapen verbind. Die projektiel is aan Phillp se regterkand van die bedkassie gekry. Kapt. Van Rooyen verduidelik dat Phillip dadelik van die skook dood is. Hy kon volgens hom dalk op die bed gesit het. Volgens Kapt. Van Rooyen ,met verwysing na die ingangs- en uitgangswond, moes hy na die rigting van die rewolwer gekyk het toe hy heel waarskynlik uit die bed opgestaan het na die eerste twee skote mis was of dat hy moontlik op die kant van die bed gesit het. Die knaldemper is heel waarskynlik gebruik aangesien daar vere op die bed was.
10:55 – Hof verdaag vir tee.
11:16 – Adv. Van der Merwe vra kapt. Van Rooyen oor die patroon wat op die vloer gevind is. Kapt. Van Rooyen verduidelik dat daar dalk ‘n storing was in die wapen en dat die wapen gespan is en die patroon uitgewerp is. Hy verduidelik dat die patroon aan die regterkant van die wapen sal uitspring.
Regter Hennie De Vos vra of die knaldemper gebruik is op die 9mm. Kapt. Van Rooyen getuig nee nie waarskynlik nie. Die regter vra ook of persone in aangrensende kamers die skoot sou hoor. Hy vra aan aanleiding dat Carlia wakker geword het. Hy bevestig beslis ja.
Du Preez maak gedurig aantekening soos die getuie getuig. In die hof vandag is meer familie asook leerlinge van Hoërskool Driehoek.
11:45- Adv. Van Der Merwe beweeg nou na Carlia se kamer. Met verwysing na fotos is die posisie waarin hy Carlia aangetref het met ‘n swart duvet om haar. Kapt. Van Rooyen sê hy het drie koeëlgate in die bed gevind. Hy het dit gemeet. Een van hulle was ‘n .38 projektiel. Twee van hulle is deur die bed en een binne in die matras. Kapt. Van Rooyen wys na die skaaltekening van Carlia se kamer. Die aansigte van die kamer word bevraagteken. Twee skote is op 68 grade geskiet en een op 52 grade. Kapt. Van Rooyen verduidelik aan die hand van sy rubber pistool aan die hof wat die grade is en ook die afwaartse hoeke wat aandui dat die skote is ongeveer in die middel van die bed afgevuur. Die skieter moes ongeveer 54cm van Carlia af gewees het. Van Rooyen haal elke keer sy sakrekenaar uit en werk die afstande uit vir die hof vanwaar die skote afgevuur is. Volgens van Rooyen is daar ses doppies gevind waarvan die .38mm se doppie nie uitwerp nie.
12:01 – Regter De Vos vra Kapt Van Rooyen watter tydperk dink hy was die aanval uitgevoer. Van Rooyen sê sonder weerstand tussen 2 – 5 minute, maar dit is onbepaalbaar. Kapt. Van Rooyen reken Phillip is naby die deur geskiet.
Die hof verdaag vir 10 minute.
12:20 – Adv Van Der Merwe vra Kapt. Van Rooyen uit oor die projektiel wat binne die filter vasgeslaan het. Van Rooyen wys die hof dat aan die binnekant van die oliefilter kan mens sien die skote is deur die filter afgevuur en daar was nie ‘n gat voor geboor nie. Van Rooyen sê aan die hand van die fotos was die .38 revolwer gebruik en is deur die filter geskiet. Die skieter het die ma geskiet en toe die seun geskiet. Hy reken daar was ‘n struweling en die oliefilter het geskuif en dit is hoekom die projektiel binne die oliefilter was. Hy bevestig dat die moordenaar twee wapens by hom moes gehad het.
Adev. Van der Merwe het geen verdere vrae nie.
12:38 – Die verdediging advokaat Roelof van Wyk is aan die woord.
Adv. Van Wyk verwys na ‘n foto van bewysstuk 1 en wil weet of kleefband gebruik moes word vir die .38-rewolwer en knaldemper.
12:45 – Kapt. Van Rooyen beantwoord van Wyk se vraag oor die verskille tussen ‘n revolwer en pistool en die uitwerp van die doppies van die 9mm-pistiool. Kapt. Van Rooyen verwys na Phillip en Carlia se kamer en wys die doppies uit op die foto.
Adv. Van Wyk verwys na Phillip se kamer en en een rondte en een projektiel. Van Rooyen dui op ‘n sketsplan aan waar die skieter moes gestaan het.
13:00 Die hof verdaag vir etenstyd.





