CommunityNewsNews

#DuPreezHofsaak Wie is wanneer geskiet?

VEREENIGING. - Die vermeende gesinsmoordenaar, Fanie du Preez (40), van Vanderbijlpark, se moordverhoor het vanoggend in die Hooggeregshof in Vereeniging hervat.

Du Preez het egter gespanne gelyk toe kaptein Joe van Rooyen, ballistiese deskundige van die forensiese-afdeling, sy plek in die getuiebank inneem.

Kapt. Van Rooyen het ‘n rekonstruksie van die toneel gedoen toe hy dit op 3 Desember 2015 besoek het.

Die volgende inligting het vanoggend in die hof uitgekom:

‘n Projektiel van die .38-rewolwer is binne die oliefilter, wat as knaldemper gebruik is, gekry.

Die skieter moes nader as een meter aan die slagoffers staan om akkuraat met die oliefilter en kussing te skiet.

Regter De Vos het uitgevra oor die bloed op die muur, terwyl advokaat Van Der Merwe meer wou weet oor die swart merk op die kussing. Volgens kapt. Van Rooyen is die swart merk as gevolg van gas wat ontsnap uit die vuurwapen. Daar is moontlik vyf tot ses skote deur die kussing geskiet.

‘n Kort opsomming van wie wanneer en hoeveel keer geskiet is:

Thea du Preez

Thea is eerste geskiet, twee keer met die .38-rewolwer. Sy is op die bed gekry en het twee wonde aan haar regterwang gehad. Twee .38-projektiele is uit haar kop verwyder. Die skieter het moontlik aan Thea se linkerkant gestaan. Daar was bloed teen haar spieëlkas.

Wyle Thea du Preez
Wyle Thea du Preez

Phillip du Preez

Ondersoek toon dat Phillip tweede geskiet is met die .38-rewolwer en die 9mm-pistool. Daar is twee .38-projektiele in sy kamer gekry en hy is een keer met die 9mm-pistool geskiet. Hy het ‘n skedelfraktuur opgedoen. ‘n Totaal van drie skote is in sy kamer afgevuur. Hy was moontlik nie op sy bed nie, maar het eerder gestaan. Daar was bloed op sy kamer se deur en vloer.

Wyle Phillip du Preez
Wyle Phillip du Preez

Carlia du Preez

In Carlia se kamer is sewe skote afgevuur. Daar word vermoed dat sy wakker was as gevolg van die geluide. Daar was drie gate in haar bed. Die skieter was moontlik in die middel van haar bed en ongeveer 54cm weg van haar op sy knieë. Sy is ses keer in die kop- en nekarea geskiet. Daar was ook wit materiaal in haar hand gevind wat moontlik van die lakens kon wees omdat sy probeer keer het. Daar was bloed aan haar kopstuk van haar bed.

Wyle Carlia du Preez
Wyle Carlia du Preez

 

Die verhoor gaan voort. Fanie du Preez maak aantekeninge terwyl kapt. Van Rooyen getuig.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button