CommunityNewsNews

Kapt. Van Rooyen klaar getuig

VEREENIGING. - Kaptein van Rooyen, ballistiese deskundige van die forensiese-afdeling het vandag klaar getuig.

Dag 6 Artikel 2 – 17 Oktober

13:33 – Volgens adv. Van Wyk is die projektiel wat Phillip getref het nooit gevind nie. Kapt. Van Rooyen bevestig dit. Hy sê ook dat die mat in Phillip se kamer op sy versoek gelig is. Adv. Van Wyk vra verder of die moontlikheid bestaan dat die skietery deur meer as een persoon uitgevoer kon wees waarop hy ja antwoord. Regter De Vos vra uit oor kopskote. Volgens kapt. Van Rooyen is die skote geskiet om dood te maak.
Hoewel Du Preez in sy verklaring sê die moord is deur Libanese uitgevoer moes die persoon wat drie skote in Carlia se kamer met verskillende wapens afgevuur het, op dieselfde plek gewees het.
Regter De Vos wil weet hoe maklik dit vir ‘n persoon sal wees om teen te sit as jy gedwing word om iemand anders te skiet. Volgens kapt. Van Rooyen ‘n normale persoon kan vinnig ‘n sneller trek en tussen ses tot agt skote in een sekonde afvuur. Hy meen dit kan relatief maklik wees as ‘n handwapen het en gedwing word om met die geweer te skiet. Jy kan die geweer weg klap. Adv. Van Wyk sê dit was egter ‘n AK47. Hy lig ook uit dat net die lig in die gang was aan. Kapt. Van Rooyen sê die ligte moes aan gewees het.
Adv. Van Wyk stel dat die hond wat gewoonlik op Phillip se bed geslaap het, dalk die teiken van die twee skote wat mis was, was. Kapt. Van Rooyen sê dan moes die hond basies bo-op Phillip geslaap het.
Die getuie staan af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button