CommunityNewsNews

Du Preez verloor sy humeur in hof

Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

11:36 – Ao. Eloise Reynolds is in die getuiebank terwyl Fanie du Preez eers afstaan. Sy gaan getuig oor die DNA wat op die toneel en op Fanie gevind is.

Adv. Van der Merwe maak verskoning dat die DNA getuienis in die binneverhoor plaasvind, aangesien die DNA deskundiges nie altyd beskikbaar is vir getuienis nie.

Ao. Reynolds getuig in Engels. Sy is ‘n forensiese deskudige by die SAPD in Pretoria.

Adv. Van der Merwe verwys na die DNA-verslag en die gedeeltes oor die oliefilter, kouse en die baadjie. Adv. Van der Merwe verwys na die handskoene en ‘high friction’ merke. Dis is byvoorbeeld plekke waaraan daar meer as gewoonlik gevat word of waar die vel byvoorbeeld afgeskuur het. DNA op die handskoene is die van Du Preez.

Ao. Reynolds getuig oor die DNA-uitslae op die kouse. Daar was drie bloedkolle op die een kous. Ao. Reynolds het ook bloed op die skoene gekry wat ooreenstem met die bloed van die kous. Die DNA van die bloed is die van Thea. Ao. Reynolds getuig hulle kon nie die profiel van die kinders se DNA kry nie en hulle het die DNA profiele van die ouers gebruik. Reynolds getuig dat een van die spatsels bloed op die kous en die op die skoen aan Philip behoort. Die ander twee bloedspatsels op die kous was die van Thea. Reynolds getuig die akkuraatheid van die toets is 99.9%.

11:50 – Ao. Reynolds getuig dat die DNA op die baadjie wat in die dak  saam met die wapens gevind is, die is van Du Preez. Aan dieselfde baadjie was daar ook bloed van Thea.

Adv. Van Der Merwe het geen verdere vrae.

Adv. Van Wyk vra Reynolds waar die bloedspatsel op die kous was. Een was voor op die kous. Een op die brug van die kous en een op die kant van die kous. Adv. Van Wyk vra wat is die hoë wrywing-area van die kous en ao. Reynolds antwoord binne in die kous.

Adv. Van Wyk vra uit oor die term “donor of the sample” en ao. Reynolds sê dit is die bloed op die item wat agtergebly het.

Adv. Van Wyk het geen verdere vrae nie.

Regter De Vos vra ao. Reynolds of sy die kussing gesien het en ao. Reynolds sê nee, sy het net die resultate gesien. Hy bevestig met ao. Reynolds dat die bloedspatsels op die kussing  die was van Thea.

Die getuie ao. Eloise Reynolds word verskoon.

12:05 – Die beskuldigde Fanie du Preez word weer na die getuiebank geroep. Die binneverhoor gaan voort oor die bekentenis wat hy voor die landdros afgelê het.

Du Preez getuig dat hy die Saterdagoggend (4 Desember 2015) vir ao. Alberts gevra het of hy sy ouers kan bel en ao. Alberts het geantwoord dat hy nie tyd op sy foon het nie. Hy getuig ao. Alberts het hom gesê hy moet net mooi dink oor die antwoorde dat hy nie iets verkeerd sê nie. Hy getuig hy het gesê hy vertrou nie die storie nie.

12:08 – Hy verklaar verder dat hy eers na die Vanderbijlpark hof is en daarna na die verkeershof geneem is.

Daar het hy sy bekentenis gemaak. Du Preez sê dat ao. Alberts aan hom gesê het dat sekere dinge wat hy beken toelaatbaar sal wees vir die hof. Hy getuig hy en die landdros was alleen in die kantoor.

Du Preez wys vinger na ao. Alberts en sê hy het vir my gesê ek moet die bekentenis maak sodat hy borg kan kry.

Adv. Van Wyk lees die vrae voor soos dit deur die landdros aan hom gevra is.

Du Preez wys weer vinger na ao. Alberts en adv. Van Wyk berispe hom dat hy deur die landdros praat. Du Preez beweer dat ao. Alberts hom nie die waarheid vertel het nie. Du Preez beweer dat hy kalm was, maar hy weet nie. Hy vertel sy gesig was dood en hy het vir ao. Alberts gesê hy was duiselig.

Du Preez getuig verder dat hy nie voorgesê is om die  bekentenis te maak nie, maar hy beweer ao. Alberts het voorwaardes aan hom gestel. Du Preez beweer as hy nie die bekentenis gemaak het nie, sou hy seker weer die aand vasgeboei moes geslaap het en in ‘n beker moes urineer.

Du Preez sê daar was aan hom gesê dit sal tot voordeel wees as hy die bekentenis gaan maak.

12:26 – “Hy sê mos trust, hy is die ondersoekbeampte”, vertel Du Preez die hof terwyl hy sy vinger na ao. Alberts wys.

Hy getuig hy het geen gevoel in sy vel gehad nie, sy bene en rug het gepyn. Dit nadat hy die hele nag nie kon rook nie en hy op sy rug moes slaap. Ao. Alberts het gesê  ‘vertrou my’.

Adv. Van Wyk het geen verder vrae.

Adv. Van der Merwe begin met sy kruisondervraging.  Adv. Van der Merwe sê hy het self gesê hy is gedwing om sy vrou en kinders te skiet. Du Preez verloor sy humeur en sê vir  adv. Van der Merwe “vra hom” en wys na ao. Alberts.

Adv. Van der Merwe verwys na die beserings wat Du Preez gesê het hy het opgedoen. Du Preez het egter vir die landdros net verwys na twee skaafmerkies op sy knieë. Du Preez sê hy weet nie hoekom hy nie al sy beserings vir die landdros gewys het nie en kan dit nie verduidelik nie.

Du Preez sê dat hy doelbewus die twee goed van die landdros weerhou het omdat ao. Alberts hom voorgesê het.

Du Preez beweer nou ao. Alberts het hom gedreig. Adv. Van der Merwe wys hom daarop dat hy dit nie aan sy advokaat genoem het nie.

Du Preez bevestig dat vier goed aan hom belowe is. Adv. Van der Merwe vra hom hoekom hy dit nie vir die landdros gesê het nie.

12:50 – Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat hy met sy woorde speel en homself weerspreek. Hy sê ook hy weet nie watter van die spesifieke goed vir hom belowe is nie.

Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat die rede hoekom hy dit nie aan die landdros gesê het nie is omdat ao. Alberts hom niks belowe het nie.

Regter De Vos wys Du Preez daarop dat hy voor ‘n landdros was vir die bekentenis en nie beloftes nie. Regter De Vos wys Du Preez ook daarop dat hy nie regsverteenwoordiging wou gehad het nie.

12:58 – Die hof verdaag vir ete

634A0756 (Small)

                                                  Ajudant Offisier Eloise Reynolds

634A0746 (Small)


634A0748 (Small)

634A0750 (Small)


634A0752 (Small)

634A0755 (Small)

634A0757 (Small)

634A0758 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button