Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.
09:45 – Jonovan Blom het nie opgedaag by die hof.
Joan van Wyngaardt, Fanie se moeder is in die getuie bank. Joan bevestig sy en haar man, Koos, het op die perseel gebly.
Joan getuig dat sy vir ao. Alberts gevra het of hulle Fanie kan besoek. Ao. Alberts het aan haar gesê dat eers nadat Fanie bekentenis afgelê het, kon hulle hom sien.
Adv. van Wyk het geen verdere vrae.
Adv. van der Merwe vra Joan dat ao. Alberts die Saterdag vir haar gesê het hulle kan Du Preez kom besoek. Joan antwoord nee. Dit was die Sondag gewees.
Adv. Van Der Merwe sê dit was die Saterdag en nie die Sondag. Joan antwoord dit kan moontlik wees. Ao. van der Merwe sê dat dit nie waar is dat ao. Alberts geweier het dat Du Preez sy pille kry nie.
09:54 – Adv. Van Der Merwe vra of sy Jonovan Blom ken. Sy het geantwoord sy het by Fanie gaan kuier in die selle en het daar vir Blom ontmoet wat saam met Fanie in die selle was. Jonovan was volgens Joan gevra om te kom getuig oor die voetboeie aan Fanie se voete die eerste aand van sy aanhouding. Joan bevestig dat sy Jonovan gevra het om hof toe te kom.
Adv. Van Der Merwe het geen verdere vrae.
Adv. Van Wyk vra Joan hoe het Jonovan ter sprake gekom. Joan het Jonavan gekontak om te kom getuig oor die voetboeie.
Regter Hennie de Vos vra Joan uit oor Fanie se voete was en watter medikasie hy gebruik. Joan verduidelik dat Fanie gebore was met spierprobleme in sy voete. Sy noem dit klapvoete. Sy beaam dat tot vandag toe loop hy swaar. Sy bevestig die pille verslap sy spiere. Regter De Vos vra of dit iets met sy brein te doen het en Joan antwoord nee.
Geen verder vrae. Joan word verskoon. Jonovan Blom is nog nie by die hof en regter De Vos stel aan adv. Van Wyk dat hy die hof verdaag en hy hom moet bel. Dis die laaste kans.
10:01 – Die hof verdaag.
10:35 – Jonovan Blom het opgedaag en is in die getuiebank.
Adv. Van Wyk gaan terug na die aand in die selle. Blom getuig hulle was eers net twee in die selle en later het Fanie bygekom. Blom getuig dat hulle Fanie moes vasmaak later die aand. Blom getuig dat Fanie op sy maag vasgemaak was, maar hy is nie seker of dit deur die tralies was of nie.
Adv. Van Wyk vra of hy Fanie behulpsaam was en Blom getuig hy het water aangedra. Adv. Van Wyk wys ‘n beker en Blom bevestig Fanie het die beker gehad in die sel.
Adv. Van Wyk het geen verdere vrae.
Adv. Van Der Merwe vra Blom wanner hy gearresteer is en waarvoor. Blom getuig na vyf die middag en vir die onwettige besit van dagga. Blom getuig hy is net voor donker in die selle geplaas. Blom bevestig Fanie se voete was vasgeboei. Blom getuig weer dat Fanie op sy maag gelê het en die boeie was aan die tralie by die deur vasgemaak.
Adv. Van Der Merwe vra Blom of daar gereeld polisiemanne ingekom het en Blom bevestig dat hulle kon Fanie ook sien waar Fanie gelê het. Blom getuig hy weet nie of die beker presies die beker was en hy sê hy is nie seker nie.
Adv. Van Der Merwe het geen verdere vrae nie.
Regter De Vos vra of Fanie enige klagtes gehad het en Blom getuig hy was baie stil. Regter De Vos vra uit of almal koffie gekry het so teen 20:00 en hy bevestig hulle het vir hulle koffie in die selle gebring.
10:47 – Adv. Van Wyk vra Blom of hy geld gekry het. Blom getuig ja vir die twee dae al geld gekry.
Getuie word verskoon in die binneverhoor.
Die binneverhoor se saak word afgesluit namens die verdediging.
Adv. Van Der Merwe roep weer ao. Peter van Zyl as getuie. Van Zyl getuig dat daardie aand een koppie in die sel was waaruit die gevangenis water kan drink. Ao. Van Zyl getuig dat ao. Alberts nie die koppie vir hulle gebring het nie. hy getuig verder dat geen ander koppies word in die sel gebruik nie. Hy wys die selfde soort groen koppie wat in die sel gebruik word.
Adv. Van Der Merwe het geen verdere vrae.
Adv. Van Wyk vra van Zyl ‘n paar vrae. Weet hy dat Fanie na Leeuhof gestuur is en watter tyd hy van diens af is. Van Zyl antwoord.
Die staat sluit sy binneverhoor af. Adv. Van Der Merwe stel aan die hof dat Fanie volgens getuienis die bekentenis op sy eie vrye wil afgelê het. Hy som in kort op wat die getuienis voorgelê het. Adv. Van Der Merwe stel ook dat getuie Van Zyl volledig getuig het oor dit wat hy gesien het.
Adv. Van Der Merwe stel dit aan die hof dat Fanie nie ‘n geloofwaardige en eerlike getuie is nie. Volgens adv. Van Der Merwe weerspreek Fanie se getuies hom oor die koppie en hoe gereeld die selle besoek is.
Adv. Van Der Merwe stel dit duidelik dat ao. Alberts geen beloftes aan die beskuldigde gemaak het nie. Ao. Alberts het Fanie net aangespoor sodat die saak vinnig afgehandel kan word. Adv. Van Der Merwe stel die vier punte. Hoe die .38-rewolwer geval het. Die volgorde hoe hulle geskiet is. Hoe die mense in die huis ingekom het en dat die beskuldigde die sneller getrek het.
Adv. Van Der Merwe stel dit dat ao. Alberts nie vir Fanie sou voorsê aangesien hy nog nie eers die inligting gehad tot hy met die ballistiese deskundige gepraat het nie. Dus volgens adv. Van Der Merwe praat Fanie nie die waarheid nie. Adv. Van Der Merwe stel ook dat dit absurd is dat ao. Alberts vir Fanie sou sê om te noem dat die .38-rewolwer op die vloer geval het.
Adv. Van Der Merwe stel dit dat die beskuldigde se getuies ongeloofwaardig was en dat Fanie se ma se getuienis nie ‘n verskil in die binneverhoor maak nie.
Adv. Van Wyk stel dat dit nie ao. Alberts was wat die boeie aangesit het nie. Adv. Van Wyk stel dit dat ao. Van Zyl se verduideliking oor die boeie en dat dit hom sou verhinder het om selfmoord te pleeg of die ander gevangenis in gevaar sou stel. Adv. Van Wyk stel dit ook dat die rede vir die veiligheid van die polisiemanne onvoldoende was. Adv. Van Wyk sê dat die getuie wat geroep is, Jonovan Blom getuig het dat sy voete vasgemaaak was.
Regter De Vos vra adv. Van Wyk wat het die vasmaak van die boeie te make met die bekentenis. Regter De Vos sê dat Fanie glad nie gekla het in die selle, by die landdros of by mede-gevangenisse nie. Regter De Vos stel dit dat alles gaan oor borg.
11:29 – Regter De Vos stel dit dat geen borg gewaarborg is nie. Adv. Van Wyk betwyfel die saak en stel dat die papierwerk nog nie klaar voltooi is nie. Regter De Vos stel dit aan adv. van Wyk dat ‘n beskuldigde sal nie vertel hy het sy gesin geskiet net om borg te kry nie. Regter De Vos stel die wapens is klaar in die dak gekry en die polisie is nie onnosel nie. Regter De Vos stel dit dat ‘n polisiebeampte nie die feite uit sy duim sal suig nie. Regter De Vos stel dit weer aan adv. van Wyk dat ‘n beskuldigde sal nie vertel hy het sy gesin geskiet net om borg te kry nie.
11:40 – Adv. Van Wyk noem vyf aspekte van die Landdros se vrae. Regter De Vos stel dit weer aan adv. Van Wyk dat alles net oor borg gegaan het. Hy beken hy het sy gesin vermoor net om borg te kry. Adv. Van Wyk verwys na ‘n saak waar ‘n landdros ‘n verklaring afgelê het en noem ‘n paar aspekte.
11:45 – Adv. Van Wyk redeneer nog die feit dat ‘n landdros moet ondersoek instel nadat daar twyfel ontstaan het oor ‘n verklaring wat reeds afgelê is. Adv. Van Wyk bly by die gedagte dat Fanie onder valse beloftes die bekentenis afgelê het.
Adv. Van Wyk stel dit dat Fanie sekere goed nie altyd op die gepaste tyd genoem het nie en vra dat die hof moet sien dat Fanie die bekentenis onder dwang afgelê het.
Adv. Van Wyk vra of hy met Fanie kan praat. Fanie noem dat die Landdros bekommerd was oor sy gemoedstoestand.
Adv. Van Wyk staan af.
Adv Van Der Merwe stel dat die landdros gesê het dat hy rustig was en ernstig.
12:00 – Regter De Vos sal om 14:00 uitspraak lewer oor die binneverhoor.
Hier is weer fotos van die dag van die moorde geneem deur Jannie du Plessis













