
Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.
14:15 – Regter Hennie de Vos gaan uitspraak lewer of die bekentenis dokument in die hofsaak gebruik gaan word of nie.
Regter De Vos lees sy bevinding aan die hof voor. Dit is in kort ‘n opsomming van die binnehof getuienis en wat die prosedures was wat ao. Alberts gevolg het tot en met Du Preez die Maandag na die moord in die hof verskyn het.
Regter De Vos stel dit aan die hof dat baie van die getuienis teen Du Preez getuig het en hom self in ‘n slegte lig geplaas het.
14:57 – Regter De Vos lees sekere dele van Du Preez se weergawe aan die hof voor. Dit is in kort ‘n opsomming van die binnehof getuienis wat Fanie du Preez getuig het tydens die binneverhoor.
Regter De Vos sê die besluit wat hy nou moet neem is “Wie moet ek glo?”. Regter De Vos noem dat die die sake rondom dit wat in die sel gebeur, deur getuies bevestig is, en dat die koppie storie net daar was om ao. Alberts in swak lig te plaas.
Regter De Vos stel dat Du Preez se voete wat vasgeboei is nie ‘n opdrag van ao. Alberts was nie. Volgens regter De Vos was hierdie na die hof gebring om ao. Alberts te diskrediteer. Hy sê verder dat daar leuens vertel is om ao. Alberts in ‘n swak lig te stel. Regter de Vos se afleiding is dat daar leuns vertel is om ao. Alberts te diskrediteer.
15:07 – Regter De Vos sê dat Fanie se sel besoek is en hy geen klagtes gehad het nie. Regter de Vos wys na al die bewyse wat reeds in die hof voorgelê is en dat die beskuldigde sy eie storie gaan produseer het. Regter De Vos verwerp die stellings wat Du Preez in die hof gemaak het oor ao. Alberts.
Verder sê regter De Vos dat as daar voorstelle gemaak is of dreigemente was kon hy dit in die bekentenis genoem het. Regter De Vos reken Du Preez het ‘n storie gaan produseer om borg te kry. Fanie het egter alreeds geweet dat sy borg geweier gaan word. Regter De Vos sê daar is geen meriete in Du Preez se storie nie en die kersie op die koek is dat Fanie die storie opgemaak het om borg te kry.
15:20 – Regter De Vos verwys na die verdediging se finale betoog waarin adv. Van Wyk vier punte voorgelê het. Geen van hierdie sou ‘n rede vir Du Preez gewees het om ‘n vals bekentenis te maak nie.
Regter de Vos meen dat die storie dat ao. Alberts hom aangesê het om in die bekentenis te sê dat hy, du Preez eerste Thea toe Phillip en toe Carlia geskiet het, grens aan ‘n fantasiewêreld.
Regter De Vos bevind dat die staat sy getuienis suksesvol voorgelê het en dat die beskuldigde, Fanie du Preez, vrywillig die bekentenis afgelê het en hy dit sal aanvaar in die verhoor. Die regter het besluit om die dokument dan as ‘n verklaring verder geneem sal word en nie as ‘n bekentenis nie.
FOTOS: JANNIE DU PLESSIS
FOTO’S BINNE DIE HOF 20 OKTOBER :

















