EntertainmentEventsNews
Carlo Leone stel nuwe CD bekend
Die gewilde Country-sanger Carlo Leone stel hierdie week na meer as 18 maande se harde werk, sy nuutste CD bekend. Kom luister gerus Vrydagaand by Sharky Town, Vanderbijlpark.
//
VANDERBIJLPARK. – Carlo Leone, die Afrikaanse Country-Italianer, is in die Vaaldriehoek bekend as ons eie Padré. Wanneer jy dié plat-op-die-aarde sanger ontmoet, sal jy nie kan raai dat hy deur die jare al met nasionale benoemings en verskeie SA Country Melodie-toekennings vereer is nie, maar wag tot hy begin sing!
Gooi Nog ‘n Stukkie Vleis op die Kole, Carlo se jongste CD, gaan sy bewonderaars behoorlik op hul voete en aan die dans hê. Dié genotvolle album laat ‘n mens weer eens verstaan waarom RSG hom lankal op hul lys van die land se 100 top Afrikaanse sangers geplaas het.
Oud en jonk kan op 28 Oktober by Sharky Town na Carlo kom luister wanneer hy sy nuutste CD bekendstel. Sy vertoning begin om 20:00 en die gesellige saamkuier duur tot omstreeks 23:30.
Toegang is R30 per persoon en is by die deure betaalbaar. Trek jou dansskoene aan, want jy sal nie wil stilsit nie!
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



