10:53 – Du Preez vertel hy het sy vrou in die deur gesien staan.
Hy wys op die foto waar sy gestaan het. Hy verduidelik vir Regter de Vos hoe die huis se binnekant lyk op die foto. Thea gevra hoe laat hy kamer toe kom. Hy het agter haar aangeloop kamer toe met die Lebanese agter hom.
Du Preez vertel sy seun se deur was toe en sy dogter se kamerdeur was effens oop. Hy verduidelik hoe die alarmstelsel werk en dat hy weeksdae in Springs was en naweke by die huis en nie weet hoe om seker ‘ogies’ van die alarm af te sit nie.
11:09 – Du Preez sê Thea was besig op haar foon en hy wys op ‘n foto waar hy getsaan het en waar sy was. Die Lebanees was in daardie stadium ook in die kamer.
Du Preez verduidelik die kas se deur was toe en sy sigarette was binne die kas. Thea het hom aangesê om bed toe te kom, want dit was laat. Hy en die Lebanese is terug na die motorhuis. Fanie vertel dat die .38-rewolwer op die kassie in die motorhuis was.
Die Lebanees het hom weer gevra om die ‘dinge’ vir hulle te doen. Hy het geantwoord hy sal dit doen. Hy moes kartondose vir hulle op ‘n sekere punt oplaai en dan aflaai.
Hy wou sy sigarette op die kassie vat toe hy die .38-rewolwer op die kassie stamp. Hulle het hom agter sy rug terug geruk en hom na sy kamer gestoot. Du Preez vertel die hof dat hulle hom daar platgeslaan het. Hy het toe opgespring en by Phillip se kamer ‘n klapgeluid gehoor.
Hy sê hy is terug na sy kamer om sy vuurwapen te gaan soek. Hy het die pistoolsak gevoel, maar dit was leeg. Toe hy omdraai het die een Lebanees die lig aangesit. Hy het gesien sy vrou was vol bloed. Hy het die laken afgeruk en vir haar geskree. Toe hardloop hy na sy seun se kamer. Hy het die lig aangesit en sy seun op die grond gekry. Du Preez het Phillip aan sy skouers geruk en op hom geskree. Daar was bloed aan Phillip se gesig. Daarna is hy na Carlia se kamer en haar vol bloed gesien. Hy het vir sy ma en stiefpa geskreeu.
11:30 – Du Preez wys na ‘n foto en vertel hoe hy van die slaapkamer na die kombuis area beweeg het. Hy het die kombuisdeur oopgesluit nadat hy eers die traliehek moes oopsluit.
Regter De Vos vra Du Preez wie het die gesin dan geskiet en Fanie sê: “die Lebanese het hulle geskiet”.
Du Preez sê sy pa het vir hulle die deur oopgemaak en hy het sy ma gevra om die paniekknoppie van die alarmstelsel te druk. Hy het ook vir haar gesê om Rescom en die ambulans te bel. Hy het die voordeur en die hek toe gaan oopsluit. Du Preez vertel hy is terug na die woonstel en hy het sy selfoon in die motorhuis gaan haal en 10111 geskakel omdat sy ma nie kon deurkom nie. Hy kon nie deurkom en het by sy ma Netcare 911 se nommer gekry.
Rescom het toe daar aangekom en hy het ‘n beskrywing van die twee Lebanese gegee. Die een het ‘n blou “hoody” aangehad. ER24 het toe daar aangekom en hy het hulle reguit na Thea se kamer gevat. Hy het die ander paramdikus na Carlia se kamer toe gevat. Hy en die man van Rescom is na die agterplaas om te soek vir spore.
Vandaar is hy en die man van Rescom terug in die huis. Hy sê dat die handskoen wat buite gelê het, het nie eintlik daar gelê nie. Hy sê dit was meer na die huis se kant. Dit was sy tuinjong se handskoen. Die handskoene het gewoonlik in die tuinpot gelê.
Daarna het die SAPD daar aangekom. Hy het gesê sy wapen is weg en van die goed lê buite. Hy vertel daarna het daar klomp mense in die huis gekom en hom vrae gevra.
“Dis wat daar gebeur het”, vertel Du Preez.
Du Preez het toe volgens hom ‘n verklaring afgelê by die polisieman. Hy het geteken, maar hy kan nie presies sê of hy dit gelees nie.
Adv. Van Wyk vra Du Preez wat het gebeur toe ao. Alberts daar aangekom het. Hy vertel ao. Alberts het met die polisie en ander mense gepraat. Hy (Du Preez) het buite saam met sy neef op ‘n bakkie gesit. Du Preez sê ao. Alberts het gesê hy moet ‘n verklaring gaan aflê. Hy sê hy het nie goed gevoel nie, maar ao. Alberts het hom polisiestasie toe geneem.
11:50 – Terug by die toneel vertel Du Preez hulle het hom in die huis geneem en aan hom gesê dat hulle vuurwapens gekry het. Hy sê hy moes sy skoene uittrek en ao. Alberts het hom gaan wys waar hulle die vuurwapens in die dak gekry het. Du Preez beweer die polisie het die plafon oopgeruk waar hulle die vuurwapens gekry het.
Du Preez bevestig van die panele in die dak was nie in nie want hy moes nog van dit in die hande kry. Hy verduidelik dat die slinger wat die leer laat sak styf vasgehou moes word sodat dit nie die leer laat val nie.
Fanie verduidelik dat die leer ‘n tyd vat om af te sak.
Adv. Van Wyk vra of Du Preez deur die gat sou kom van min of meer 200mm. Hy antwoord, nee.
Adv. Van Wyk vra Fanie of van die panele weggeskuif kon word. Fanie antwoord ja, van hulle kon geskuif word.
Adv. Van Wyk vra of Fanie beserings gehad het na die voorval. Hy sê sy bors was blou en merke op sy rug. Hy het ook ‘n merk op sy kop gehad.
Du Preez vertel die hof hy het die beserings opgedoen toe hy platgeslaan is en toe hy bykom was sy vrou en kinders dood.
Du Preez sê terwyl hy op die grond was het hy skote hoor klap. Hy het egter nie sy vrou en kinders geskiet nie.
12: 12 – Adv. Van Wyk vra vir ‘n kort verdaging.












