CommunityNewsNews

Du Preez in die getuiebank

Dag 11 Artikel 1 Let wel: Hierdie artikel is nie in storie vorm nie aangesien dit die werklike weergawe van die verloop in die hof is. Dit mag by tye deurmekaar lyk aangesien die onderwerp van bespreking gedurig in die hof verander.

VEREENIGING. – Dit is amptelik week drie van die #DuPreezHofsaak. Fanie Du Preez word daarvan aangekla sat hy in Desember 2015 sy vrou, Thea en twee kinder, Carlia en Phillip vermoor het.

Dit is wat sover in die hof gebeur het: 

09:33 – Fanie du Preez word ingesweer.

Adv. Van Wyk vra Du Preez hy moet in sy eie woorde vertel wat op 2 Desember 2015 gebeur het.

Hy vertel hy het die oggend opgestaan. Met sy vrou gepraat en na die glasdeur gegaan en vir haar gesê die deur het 200mm oopgestaan.  Du Preez het aan Thea gesê hulle moet die elektriese heining opsit. Hy het ook vir Thea gesê sy moet die pistool by haar hou en hy sal die .38-rewolwer by hom hou.

Du Preez getuig hy het Thea later gebel en gesê hy het iemand gekry wat hout palette sal verskaf.

Die besigheid sou die handel van volwasse produkte behels.  Hy getuig ook hy wou pallet meubels vervaardig.

Du Preez vertel hy het die vorige naweek toe hulle gaan kamp het agtergekom die bakkie se wiele is nie reg nie en hy stamp. Thea het die dag daarna die bakkie bestuur sodat hy kon kyk wat foutief is.

Hy het ook in die veld waar hulle die bakkie getoets het, die .38-rewolwer getoets. Hy het agtergekom dat daar speling in die wiele is. Daarna is hulle bank toe om material en toerusting aan te koop vir die besigheid. Daarna is hulle Tiger Wheel en Tyre toe om die bakkie te laat oplig om te sien waar die probleem is. Hy is ook Vaalmall Tyres toe. Hy het die wielsporing van die bakkie daar laat doen. Hy het toe agtergekom dat die ‘upper control arm’ die probleem was.

09:48 – Du Preez vertel verder hy het die motoronderdele gekry en na sy huis gery. Hy het vir Thea gesê hy gaan die voorwiel begin uitmekaar haal. Hy het Thea gebel en gevra of hy iets by die winkel moet kry. Thea het hom vertel dat daar weer ‘n merker voor die huis was. Du Preez, sy stiefpa en Phillip het toe die merker afgeneem. Du Preez het toe die voertuie geskuif sodat hy die bakkie oor die werkspit in die motorhuis kan parkeer. Hy vertel verder hy geniet dit om aan voertuie te werk.

09:53 – Meer as 30 mense in die hof vandag.

Du Preez vertel terwyl hy besig was het hy die Lebanese se swart BMW buite die erf sien staan. Hy het Thea toe gebel gesê hulle moet polisie toe. Thea het volgens Fanie vir hom gesê hy moenie simpel wees nie.

Du Preez is daarna na Saloojes toe om motoronderdele te gaan koop. Hy vertel verder hy het sy .38-rewolwer net so op die werkstafel gelos. Hy het die bakkie se wiel afgehaal. Toe Thea daar kom het hy vir haar die .38-rewolwer gewys waar dit is indien hulle dit nodig sou kry. Thea het vir hom gesê hy kan nie die .38-rewolwer so oop en bloot laat lê nie. Hy is na sy kroeg waar hy een van die kussing gevat het om die .38-rewolwer in die kussing toe te vou. Thea het toe gehelp om die knaldemper voor vas te maak. Hy het ook sy mes skerp gemaak en ook op die tafel neergesit. Hy het toe verder aan die bakkie gewerk.

Thea het hom geroep om te kom eet. Du Preez vertel hy was nie baie honger nie. Die hele gesin en sy ma en stiefpa het tydens ete gesels oor die besighede wat hulle wil begin. Thea het gekla oor Phillip se R7 000 se kersgeskenk en Carlia se geskenke. Sy ouers is toe kamer toe, want hulle wou nie betrokke raak nie.

Daarna het hy ernstig met sy gesin gepraat oor die veiligheid en die deure. Hy het gesê hy wil ten alle tye die deure gesluit hê.

Du Preez se pa was ‘n rukkie by hom in die motorhuis en toe terug woonstel toe. Du Preez het gekyk of alles verder nog reg is met die bakkie en agtergekom een van die agterste wiele se remme lek effens. Thea het later ingekom en gesê hy moet haar die volgende dag werk toe vat dan kan hy met haar motor ry om motoronderdele te gaan koop.

Thea het vir hom ‘n drankie gegooi en sy is slaapkamer toe. Du Preez getuig dit was so teen 23:00. Daarna sê hy was hy op WhatsApp tot so 00:30. Hy het ‘n geluid in die huis gehoor en gaan ondersoek instel en Thea gekry waar sy die hond laat uitgaan het.  Volgens hom moet die die knip van die glasdeur hard toegeslaan word. Rex, die Du Preez-gesin se hond wou nie uit gaan nie en is terug na Phillip se kamer.

Du Preez vertel dat Phillip sy eie kamerdeur altyd gesluit het en dat Thea dit toe oopgelos het nadat sy die hond wou laat uitgaan. Hy het toe in die kamer sigarette gaan haal en vir Thea gesê hy voel nie lekker nie.

Hy is terug motorhuis toe.

Hy het toe iets by die motorhuisdeur gehoor en toe hy onder die bakkie uitkom staan ‘n Lebanees daar hom.

Du Preez vertel verder een Lebanees was by hom en die ander een het aan die anderkant van die bakkie gestaan.

Hulle het volgens Du Preez op die trap gesit gesê hy moet saamwerk en die dwelms vir  hulle aan ry.

Hy het gevra of hy sy sigarette kan gaan haal wat voor in die motorhuis gelê het. Du Preez sê hy het na die kussing met die .38-rewolwer gekyk en oorweeg om ‘n kans te vat. Die Lebanees het agtergekom hy wou die vuurwapen gryp en vir hom gesê hulle moet in die huis gaan.  Toe hulle in die huis in gaan was Thea in die gang. Du Preez sê hy het met Thea gepraat en verwys na ‘n foto in die album van die hofdokument. Hy verduidelik aan die hof waar het hy gestaan en waar het Thea gestaan.

10:30 – (Fanie soek ‘n foto).

Adv. Van Wyk vra vir ‘n verdaging. Die hof verdaag.

 

634A0821 (Medium)

634A0819 (Medium)

634A0818 (Medium)

634A0817 (Medium)

634A0816 (Medium)

634A0815 (Medium)

634A0814 (Medium)

634A0813 (Medium)

634A0812 (Medium)

634A0811 (Medium)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button