
09:28 – Die hof het amptelik begin en Du Preez is steeds onder kruisverhoor deur adv. Van der Merwe.
Adv. Van der Merwe wil by Du Preez weet hoe dit moontlik is dat die hof gister vir die eerste keer sy nuwe weergawe gehoor het. Du Preez sê hy het dit aan ao. Alberts vertel.
Adv. Van der Merwe vra of hy die volle weergawe vertel het, waarop Du Preez ‘ja’ antwoord.
Adv. Van der Merwe sê vir Du Preez hy het nooit die weergawe aan ao. Alberts vertel nie. Hy maak ook die stelling dat die weergawe aan niemand anders vertel is nie. Du Preez sê egter hy weet nie hoekom hy die nuwe onligting nie in enige ander verklaring gesit het nie. Hy het dit ook nie vir sy ma en stiefpa vertel nie.
Adv. van der Merwe wil by Du Preez weet of die getuies dan verkeerd getuig het.
Adv. Van der Merwe vra vra hom verder uit oor die onwettige vuurwapen, of hy dit getoets het en waar hy dit gebêre het. Du Preez sê hy het nie ammunisie gehad nie en was van plan om die vuurwapen by die polisiestasie in te handig sou hy weer daar naby wees. Adv. Van der Merwe vra hom of hy dit sou inhandig en gesê het hy het dit onwettig gekoop. Du Preez sê hy sou dit seker gedoen het.
Adv. Van der Merwe is van mening dat die Libanese baie dapper was om in die huis te gaan en die vuurwapen uit die kas te haal en dan nog die ander vuurwapen in die bakkie te vat. Du Preez kan nie hierop antwoord nie.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat hy die wapen daar neergegooi het. Du Preez sê dis nie waar.
Du Preez getuig die voorval het tussen 02:30 en 04:30 plaasgevind. Adv. Van der Merwe wil weet of dit twee ure kon duur en wil meer weet oor sy beserings. Du Preez kannie onthou hoe die Libanese hom beseer het nie, maar hy onthou in ‘n stadium was hy rondgeruk. Du Preez sê ook hy is geskop toe hy gelê het. Adv. Van der Merwe wil weet waarom hy diet nie genoem het gister in die hof nie, waarop Fanie sê dit is nie aan hom gestel nie. Adv. Van der Merwe meen hy is besig om die getuienis te fabriseer.
Adv. van der Merwe vra Du Preez uit oor Rex die Du Preez-gesin se hond wat saam met Phillip in die kamer geslaap het. Adv. Van der Merwe vra waarom die hond nie die skieter gestorm nie. Du Preez sê hy het seker weggehardloop van die harde geluide.
Adv. Van der Merwe vra uit oor ER24 en na wie se kamer hy hulle eerste geneem het. Du Preez sê hulle is eerste na Thea se kamer en toe na Carlia se kamer. Ander paramedici is na Phillip se kamer.
Adv. Van der Merwe vra Du Preez uit oor sy kleredrag en wys ‘n foto aan die hof waar hy op die bakkie sit met ander klere aan. Adv. Van der Merwe vra wanneer hy die ‘vest’ aangetrek het. Du Preez sê hy weet nie. Adv. Van der Merwe handig nog ‘n foto in en sê Du Preez lyk ernstig.
Adv. Van der Merwe vra uit oor die handskoene en verwys na ‘n foto. Hy vra Du Preez uit oor die handskoene wat in die dak gevind is en wil weet waar hy dit gewoonlik bêre. Du Preez sê hy bêre dit in die bakkie saam met die vuurwapen. Du Preez kan nie verklaar hoe dit uit die bakkie in die plafon gekom het nie.
10:00 – Adv. Van der Merwe vra of hy die handskoene aangehad het. Hy sê nee. Hy het egter die handskoene per ongeluk aangetrek soos wat in een van sy verklarings staan.
Adv. Van der Merwe sê sy getuienis impliseer die volgende: Dit is die Libanese wat alles gedoen het. Du Preez antwoord ‘ja dit moes’ en dit is ook hulle wat die vuurwapens en handskoene in die dak gaan wegsteek het.
Adv. Van der Merwe wil weet hoekom hy in sy vorige verklarings van nie-blanke mans praat en nou skielik van Libanese. Du Preez sê hy het aan ao. Alberts gesê dit is Libanese.
Adv. Van der Merwe vra of Jaco van Wyngaardt, sy neef, ook op die toneel was. Du Preez antwoord ja. Hy wil verder weet of Du Preez hom ook vertel het, waarop Du Preez sê hy het nie alles vertel nie. Adv. Van der Merwe wil weet waarom hy nie aan die mense by die toneel, die polisie en familie die nuwe weergawe vertel het nie waarop Du Preez sê hy in nie die tipe persoon wat dieselfde storie oor en oor vertel nie.
10:15 – Adv. Van der Merwe sê na Du Preez die laaste geld gebruik het na hy sy werk verloor het, moes hy plan maak. Du Preez sê die palette-besigheid het nog nie van die grond gekom nie en die seks-besigheid (soos hy dit noem) het nog nie oopgemaak nie, maar die logo wat reeds klaar vir die verpakking.
Du Preez het sowat R7 000 gehad wat hy gemaak het deur ‘n verkope hier en daar. Hy bevestig hy het geen ander inkomste gehad nie en dat hy ‘n kontrakwerker was. Adv. Van der Merwe stel aan hom dat sy ma ‘n paar dae na die voorval navrae oor Thea se polis gedoen het. Hy beweer hy weet niks daarvan nie.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat hy die moorde tot in die fynste besonderhede beplan het. Du Preez sê dis onwaar. Adv. van der Merwe stel dit aan hom dat hy toe alles gedoen is het hy die misdaad probeer verbloem. Du Preez antwoord dis onwaar.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat die dag daarna het hy al die stories begin opmaak om die polisie te mislei. Du Preez sê dis onwaar.
Adv. Van der Merwe stel dit aan Du Preez dat indien die polisie nie die huis so deeglik deursoek het nie sou hy met die perfekte moord weggekom het. Du Preez sê hy het nie die moord gepleeg nie.
Adv. van der Merwe sê het verdere vrae nie.
10:25 Die hof verdaag vir 10 minute.
Videogreep in hof op 25 Oktober 2016 – Jannie du Plessis



