EntertainmentNewsNews

Kom kuier vandag saam met Eureka

Brendan Peyper tree vandag om 20:00 op by die Eureka Vaal Ster-fees

MEYERTON. – As jy teen die tyd steeds by die huis sit en nie weet wat jy gaan doen om die tyd verby te kry nie, kom maak gerus ‘n draai by die Eureka Vaal Ster-fees wat reeds sedert 09:00 aan die gang is.

Vandag sluit ‘n vol program is en die toegangsfooi is maar R60, terwyl kleuters gratis toegang kry. Dit is boonop vir ‘n goeie doel om die gestremde kindertjies van Eurekaskool te help.

Behalwe vir die talentvolle gaskunstenaars is daar stalletjies, eet- en drinkgoed en genoeg vermaak vir jonk en oud.

Waarvoor wag jy? Kom kuier vandag saam met Eureka

Program Saterdag:

09:30 – 10:30 Mej. Midvaal – Manifest Modelskool
10:30 – 11:45 Vertoning deur Midvaal Brandweer
12:00 – 13:00 SAPS – K9 Honde Eenheid
13:15 – 14:00 Sky Divers
14:00 – 14:45 Reinhardt & Karin in Harmonie
15:00 – 15:45 Mariloé
16:00 – 16:45 Verona Gosslett
17:00 – 17:45 Peet Slabbert
18:00 – 18:45 Courage Dear Heart
19:00 – 19:45 Chané Valentine
20:00 – Brendan Peyper

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button