EntertainmentEventsLifestyleNewsPhoto Galleries

CSF Musiekfees – Groep 3

Die Community Support Forum het vandag, 5 November, 'n baie suksesvolle musiekfees by die Centurions Motorbike Club se klubhuis in Vanderbijlpark aangebied.

Oud en jonk kon lekker saamkuier by vandag se Musiekfees, aangebied deur Leana en haar span van die Community Support Forum (CSF). Dit is by die Centurions Motorbike Club se klubhuis in Vanderbijlpark gehou, en ondanks die lekker reën, het baie besoekers opgedaag om die dag saam te geniet.

Daar was pragtige uitstallings deur stalletjie-houers en dan was daar natuurlik ook hope eet- en drinkgoed.

Dankie aan almal wat kom bloed skenk het! Ons is amper seker ons het sanger Charles Rudd ook sien skenk – die man kan nie net mooi sing nie, hy het ‘n goeie hart ook en “bloei vir sy medemens”!   :-)

Die wins wat uit die dag gemaak is, sal aangewend word om vanjaar ‘n heerlike Kersfees-ete aan minderbevoorregte kinders en bejaardes te gee.

Vaalweekblad en Ster was drukmediaborge van die dag en ons sê dankie dat ons deel van dié mooi projek kon wees.

Community Support Forum, Musiekfees 2016
Community Support Forum, Musiekfees 2016

csf stalletjie koeldrank csf stalletjies DSCF7972 csf stalletjies DSCF7983 csf stalletjies DSCF7984 csf stalletjies DSCF7997 csf stalletjiesa DSCF7999 gaste by CSF Nov 2016 Kunstenaar DSCF8001 Leana en groep kunstenaars

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button