
VANDERBIJLPARK. – ‘n Sekuriteitswag van DAI sekuriteit op die dorp is gisteraand 8 November ongeveer 22:50 in sy motor geskiet op die hoek van Louis Trichard boulevard en Hendrick van Eck boulevard.
Volgens Afriforum se Cor Schorborn het twee mans Patrick genader en hom binne die voertuig doodgeskiet. Twee skote is afgevuur. Een het die man in die bors getref en een in die buik. Die moordenaars is met die sekuriteitswag se gas vuurwapen daar weg. Verskeie mense van Afriforum se veiligheidsspan asook Rescom en ASEC sekuriteit het tot 01:30 die SE3 en SE4 woonbuurtes gefynkam vir die twee verdagtes.
LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 16 NOVEMBER OOR DIE VOORVAL.



