
VANDERBIJLPARK. – ‘n Sekuriteitswag van DAI sekuriteit op die dorp is gisteraand, 8 November, ongeveer 22:50 in sy motor geskiet op die hoek van Louis Trichard-boulevard en Hendrick van Eck-boulevard.
Patrick, wie se van nog onbekend is, is deur ER24 op die toneel behandel waar hy buite sy voertuig gelê het. Patrick is gestabiliseer en na die hospitaal geneem. Hy het later vanoggend aan sy wonde beswyk. Mense in die omgewing het na die twee skote die twee misdadigers sien weghardloop.
Volgens Afriforum se Cor Schorborn het twee mans Patrick genader en hom binne die voertuig doodgeskiet. Twee skote is afgevuur. Een projektiel het die man in die bors getref en een in die buik. Die moordenaars is met die sekuriteitswag se gas vuurwapen daar weg. Volgens inligting het hulle nie sy haelgeweer, wat in die voertuig was, gevat nie. Verskeie mense van Afriforum se veiligheidsspan asook Rescom en ASEC sekuriteit het tot 01:30 die SE3 en SE4 woonbuurtes gefynkam vir die twee verdagtes.
LEES MEER IN VAALWEEKBLAD 16 NOVEMBER OOR DIE VOORVAL.



