NewsNews

Wie loop voor in die VSA verkiesing?

Die Amerikaanse verkiesing het behoorlik die wêreld aan die gons en almal wil weet wie die titel as die VSA se president gaan inneem.

In die stadium van die ‘geveg’ loop Donald Trump voor met 216 stemme, terwyl Hilary Clinton kort op sy hakke is met 197 stemme.

Trump het reeds in Florida koning gekraai en dit blyk asof hy ook meerderheid stemme in Ohio gaan kry.

Florida en Ohio is deurslaggewende deelstate in die verkiesing.

Die wenner van die VSA se verkiesing word deur ‘n kieskollege aangewys. Elske staat kry ‘n aantal afgevaardiges volgens die bevolkingsgetal van die staat met ‘n minimum van drie stemme vir state soos Alaska en Noord-Dakota, wat klein bevolkings het.

‘n Kandidaat moet 270 stemme uit die kieskollege kry om te kan wen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button