Jabes Foundation se planne vir Kersfees en volgende jaar
Dis een van die dae weer Kersfees! Maak hierdie jaar se Kerstyd baie spesiaal vir 'n groep kinders en tienderjariges wat deel van die Jabes Foundation vorm. Skakel Johan en Ronel Riekert van Jabes gerus as jy 'n bydrae wil gee - maak nie saak hoe klein of groot nie!
Johan & Ronel Riekert van Jabes Foundation skryf:
Goeie dag Vaalweekbladlesers!
Jip dis daardie tyd vd jaar. Eksamens en dan die lekker lang Desember-vakansie. Soos gewoonlik gaan ons weer bietjie weg met (ongeveer 18) kids. Ons het regtig ondersteuning nodig soos bv kosse, lekkergoed, koeldrank, vleise, finansieel, geskenkies ens vir die groot kamp.
Indien daar iemand is wat kan/wil bydrae kontak Ronel by 0822544611.
Dan ‘n spesiale dank aan almal reeds ‘n bydrae maak hetsy dit gebede, hulp, ondersteuning en bydraes is.
Daar is verskeie projekte om by in te skakel bv R100 p/m
Met die nuwe jaar 2017 op ons voorstoep is daar weereens groot behoefte aan
skryfbehoeftes, tasse, kosblikke, Transvalia skoolklere vir graad 8 seun en toergelde ens. vir skool mediese hulp bv doktersbesoeke, medikasies, instandhouding/diens van kombie
Ons het ook volgende jaar ‘n dogter wat onderwys gaan studeer by NWU Pukke en het finansiële hulp nodig.
Ons web-tuise word tans hersien en behoort volgende week weer aanlyn te wees. Baie dankie aan Riaan Scholtz van
The Thrash Corp PTY LTD.
084 674 7790
info@thrashcorp.co.za
www.thrashcorp.co.za wat onderneem het om dit gereeld instand te hou.
www.jabes.co.za
Onthou ons bietjie teorie: Een mens kan nie alles doen nie maar almal se bietjies maak ‘n groot verskil!!
Liefde groete
Johan & Ronel Riekert
Jabes Foundation
Kosmos Huis
0822 544 611



