CommunityNewsNews

Brandende trok lei to 10 beeste se slagting

VANDERBIJLPARK. - ‘n Vragmotor se een sleepwa waarin daar beeste vervoer is, het verlede week aan die brand geraak nadat die remme of bande onklaar geraak het. Dit het vir groot konsternasie gesorg toe inwoners van ‘n naburige nedersettings die beeste binne ‘n uur laat ‘verdwyn’ het.

Die voorval het verlede Vrydag 4 November op die N1 snelweg, sowat 20km noord van Vanderbijlpark naby die Grasmere tol- plaza gebeur. Die agterste sleepwa het omstreeks 04:00 in die rigting van Johannesburg aan die brand geslaan. Die trok met die beeste was op pad na Johannesburg. Met ‘n perd en twee sleepwaens het die agterste sleepwa bokant die wiele gebrand. Al agt die bande op die agterste twee aste het verbrand. Vyf van die beeste in die agterste deel van die tweede sleepwa op die onderste en boonste vlak het doodgebrand. Emfuleni Brand en Redding het die brand geblus. Lede van die DBV is dadelik na die toneel ontbied en nog twee beeste is uitgesit. Vier ander beeste wat uit die sleepwaens ontsnap het is, deur voertuie op die snelweg doodgery.

Die DBV het die verkeer gereguleer totdat Emfuleni verkeer na 06:00 daar opgedaag het en by hulle oorgeneem het. Inwoners het blindelings oor die pad gehardloop en die karkaste uit die sleepwa gesleep en op die middelman begin slag. Gewapen met pangas, slagmesse, byle, kruiwaens en sakke het hulle die vleis stuk vir stuk weggedra. Sommige van die beeste was swart gebrand. Diegene wat nie betyds was nie, moes tevrede wees met die derms. Al wat van die beeste oorgebly het, was groen kolle gras van die ingewande, bloed en ‘n paar horings wat van die karkasse afgebreek het toe die beeste oor die pad gesleep is. Die DBV het gereël vir vervoer vir die res van die beeste wat na ‘n plek geneem is waar hul voer en water gekry het.
634A1020%20(1)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button