CommunityNewsNews

Help dowe dogtertjie om te hoor

MEYERTON. - Dit is elke mamma se grootste wens dat daar geen probleme met haar kind sal wees nie. Ongelukkig word so baie kindertjies gebore met een of ander probleem...

Dawn Oosthuizen is een mamma wat hiervan kan getuig. Haar pragtige blondekop dogtertjie, Kaylee, ly aan diepgaande sensoriese neurale gehoorverlies. In gewone Afrikaans kan mens sê klein Kaylee is doof, maar te danke aan die mediese vooruitgang, is daar hoop vir haar.

‘n Groot droom het reeds vir Dawn en Kaylee waar geword toe sy haar eerste kogleêre inplanting vroeër vanjaar kon kry. Ongelukkig is dit ‘n baie duur operasie en het dit maande se beplanning en fondsinsameling gekos sodat Kaylee dié langverwagte prosedure kon ondergaan.

 

Klein Kaylee Oosthuizen
Klein Kaylee Oosthuizen

 

Nou lê die volgende een voor, maar sonder fondse kan dit nie gebeur nie. Hulle staan nou op R12 310 en benodig nog R311 192 sodat Kaylee net soos haar maatjies ‘n gewone lewe kan hê.

Enige persoon wat graag ‘n bydrae wil lewer kan die volgende rekeningbesonderhede gebruik:

Hear Always Foundation Trust

Standard Bank

Rek nommer: 411351605

Takkode: 012645

Verwysing: Kaylee

 

Besoek gerus ook Kaylee se Facebook-blad by Help Us Help Kaylee

 

Die koste verbonde aan die operasie
Die koste verbonde aan die operasie

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

 
Back to top button