Polisie offisier by haar huis vermoor – Toneel Video – Jannie du Plessis
VANDERBIJLPARK. - Adjudant Offisier Michelle Stephenson is vanoggend 15 November ongeveer 08:30 deur twee kollegas en ‘n buurman by haar huis gevind. Sy is vermoedelik verwurg. Volgens inligting was die huis vreeslik deurmekaar wat die vermoede laat ontstaan dat dit ‘n inbraak was. Teen druktyd was dit nog nie bekend of haar vuurwapen gesteel is nie en of daar enige iets uit die huis geneem is.

VANDERBIJLPARK. – Adjudant Offisier Michelle Stephenson is vanoggend 15 November ongeveer 08:30 deur twee kollegas en ‘n buurman by haar huis gevind. Sy is vermoedelik verwurg. Volgens inligting was die huis vreeslik deurmekaar wat die vermoede laat ontstaan dat dit ‘n inbraak was. Teen druktyd was dit nog nie bekend of haar vuurwapen gesteel is nie en of daar enige iets uit die huis geneem is.
Michelle was die stigter van die Jessica’s Wall of Life waar ongewenste baba’s in ‘n sluitkassie agter Cormed hospitaal gelos kan word, waarna personeel die kassie oopsluit en die baba versorg. Die tweede Jessica’s Wall of Life is later by Dantè Chan sentrum in Bequerel straat opgerig. Die polisie se forensiese spanne was tot laatmiddag besig om die toneel te fynkam.
Daar word vanaand 15 November ‘n eerbetoon gehou vir Michelle by haar woning te Westinghouse Boulevard 206 om 18:00.
LEES VAALWEEKBLAD 16 NOVEMBER VIR VOLLEDIGE BERIG



